In the Garden Blog

Worship 29 Oktober 2022

In the Garden Worship 1

29 Oktober 2022

Hierdie is ‘n oggend van rus. Nie net fisiese rus nie, maar ‘n sielsrus.

Ek het Sy hart en wil vir die oggend gaan soek. Wat wil Hy graag hierdeur doen? Ek het profeties ‘n damwal gesien wat gebreek het en water wat uitvloei. Vrouens (en mans) is besig om in hul roepings in te beweeg – ‘n pad wat hul ‘n lang tyd met Hom stap en bou… dis TYD!

Die tyd is ryp! Die tyd is hier! IT IS TIME.

Ek deel graag wat ek ervaar en gehoor het …..

“Ek wil jou nader trek aan My. Maak nie saak waar jy jou bevind nie. Nóg nader aan My. Jou EERSTE LIEFDE. Kom na MY toe, almal wat moeg en oorlaai  is.

Ek wil vir jou rus en vrede gee. Kom wandel saam met My in ons Tuin. Ons twee se tuin. Net ons twee saam. Kom sit net by my. Kom wees net by My. Kom gesels net by My. Fellowship met My. Kom vul jouself met My. Jou beker. DRINK!

Ek MIS jou! Ek smag na jou!

By My is daar VREDE en RUS. Kom terug na jou eerste liefde. EK. Wees net by MY. Ek sal jou VERSADIG. Wat ek jou gee kan niemand jou gee nie. Dis soos om ‘n potplant vol water te maak. Dit bereik ‘n punt van versadiging. Net so kom vul ek jou. Enigiets anders, als buiten My, is tydelike plesier en genot.

Ek sal jou “Refresh”. Jou siel kom verfris. Nes hierdie tuin jou verfris en vars laat voel. Ek het jou lief. Ek wil jou tyd hê. Psalm 16:11 – In Your presence there is Fulness and Joy.

Ons twee se tuin is spesiaal. Dis net ons twee. Jy kan enige tyd van die dag hierdie tuin betree.  Dis ‘n spesiale plekkie. Kom wandel saam met My. Soms gaan jy net kom rus en sit.

Dis ‘n plek van vrede, rus, tevredenheid, aanvaarding en liefde. “

Ek, Yolandi, weet nie alles nie. Ek ken nie alles nie, maar ek het al geproe! En die dag toe ek proe kon niks maar niks soeter proe as die liefde en die teenwoordigheid van God nie.

Psalm 34:8 Taste and see that the Lord is Good.

In my nuwe seisoen met my babatjie kon ek nie meer lang stukke in my Bybel lees soos voorheen nie. Bietjie hier en bietjie daar en soms niks. My stiltetyd het dikwels gewees ek wat na my binnekamer gaan, op my knieë val en net by Hom kniel. Ander kere deur die tuin stap en gesels en luister na Hom. En baie terwyl ek my baba voed. En ek weet Hy geniet dit!!

Ek ervaar Hy wil kom herhinner vandag:

Back to Basics.

Keer terug na jou Eerste Liefde.

Fellowship met Hom.

Kuier met Hom.

Nog nooit is ek so gekonfronteer met my eie sonde soos die laaste 2/3 jaar nie. Maar dis goed! Dis ‘n nederige plek. ‘n Plek wat jy weet – just by grace. Jesus, ek het U so nodig! Mens voel: Here hoe kan U my gebruik? Ek is so vol sonde! Maar ek het geleer dat dit PRIDEFUL is! Want dan plaas ek die fokus op myself! En dit gaan nie oor my nie! Dit gaan oor wat God wil doen en Sy plan en wil! Hy is ernstig besig om met PRIDE te deal. Dit moet belei word en afgesny word.  Hy is baie ernstig hieroor.

Hy is besig met soveel diepe hartsgenesings. Laat Hom toe. Kom vry. Hy openbaar dinge wat mens nie besef jou nog vashou nie. Breek dit. Wees gehoorsaam as jy ervaar Hy wys jou iets.

As die onsekerheid, eensaamheid, twyfel aanslag, onwaar gedagtes kom – gaan na Hom. Gaan in jou tuin met Hom. Sy vrede sal oor jou spoel. Een van ons sterkste wapens is tyd met Hom en gebed.  Dis soos wortels wat diep geanker is. As dinge begin glip, is dit omdat ons tyd met Hom nie in plek is nie. Ek dink aan Adam en Eva in die Tuin met Hom voor die sondeval. In totale Harmonie.

Mag ons ook met mekaar fellowship en reconnect. Baie van ons het ‘n diepe behoefte om te fellowship. Hy ken ons hartsbehoeftes. Vandag kan ons ook saamkuier, want dit is ook Sy hart.

Die volgende skrif het ek ook vir die oggend gekry:

Romeine 15: 1 – 13

Die voorbeeld van Christus

1Op ons wat sterk is in die geloof, rus die verpligting om die swakhede te verdra van dié wat nie sterk is nie. Ons moenie aan onsself dink nie: 2elkeen van ons moet aan ons naaste dink en aan wat vir hom goed is en wat hom in die geloof kan opbou. 3Christus het immers ook nie aan Homself gedink nie, inteendeel. Dit was met Hom soos daar geskrywe staan:

“Die beledigings waarmee mense U beledig,

het op My neergekom.”

4Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees. 5En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. 6Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus.

Die evangelie is vir alle mense

7Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God. 8Ek bedoel dít: Christus het gekom om in belang van die Jode ‘n dienaar te word; Hy moes vir hulle die waarheid van God bevestig deur die beloftes wat die voorvaders ontvang het, waar te maak. 9Hy het ook gekom sodat die ander nasies God oor sy ontferming sou verheerlik, soos daar geskrywe staan:

“Daarom sal ek U loof voor die nasies,

en tot eer van u Naam sal ek ‘n lofpsalm sing.”

10En elders lui dit:

“Verbly julle, ander nasies,

saam met sy volk.”

11En:

“Prys die Here, alle nasies!

Loof Hom, alle volke!”

12En Jesaja sê ook:

“Isai sal ‘n nakomeling hê,

en Hy sal opstaan om die nasies te regeer;

op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.”

13Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Yolandi Hume