In the Garden Blog

EK SAL JOU NIE VERGEET NIE

Kan ‘n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. Ek het jou naam in my handpalms gegraveer, 
JESAJA 49:15‭-‬16 AFR83
 
As ń ma van drie dogters waarvan die jongste nou 1 jaar oud is, roer die vers my hart.
 
Die liefde en besorgdheid oor so klein mensie wat glad nie na haarself kan omsien nie, is so groot. En al kan my knieë soms lam raak van al die woelinge en behoeftes tussen almal deur, sal ek haar NOOIT vergeet nie en my altyd oor haar ontferm, want dis my kind (ers). Sy is deel van my en ons bloed bind ons saam! 
 
Hoeveel te meer ontferm ons Hemelse Pa homself nie oor ons nie? Hy gee die belofte aan ons: Ek sal jou nooit vergeet nie – selfs al doen jou aardse ouers, soos die skrif sê!
 
Ons is so kosbaar vir Hom dat Hy ons name in Sy handpalms graveer!!!
 
EK SAL JOU NOOIT VERGEET NIE.
 
Dankie vir daardie mooi belofte!