In the Garden Blog

GESONDE HARTE

Ek hoor vandag:
 
“Ek is besig met diep hartswerke/operasies. Laat my toe om te genees en te bevry. Dit vereis om jouself te “humble” en My “toelaat” om daar te gaan….
 
Dis diepe harstoperasies my kind. Maar as jy my toelaat om dieper te gaan, sal jou hart weer blom en gesond wees! Floreer!
 
Moenie vashou/toehou nie. Laat my toe om jou te help Ek weet dis ń seer of ongemaklike proses, Ek weet jy wil nog vashou, maar die vrugte is soet – en die tuin van jou hart sal weer blom! 
 
Jy wil die Tuin van jou hart laat blom terwyl daar nog dissels en dorings is – laat My toe om jou te help om die onkruid uit te trek – daardie diep wortels uit te haal. Anders kom die onkruid heeltyd weer op en verstrengel jou Tuin.
 
Kom sit by My en laat my toe. Ek wil jou help”.