In the Garden Blog

P O T E N S I A A L

Hierdie is ‘n renonkelbol.  Maart/April is hul planttyd en elke jaar kan ek nie anders om te skryf oor hierdie interressante klein bolletjie nie! 
 
Wat my altyd tref is hoe vaal en “lelik”, opgekrimp en onooglik die ou klein bolletjie aanvanklik lyk, MAAR elkeen wat weet hoe mooi renonkelblomme is, sal weet dat dit definitief nie die eindproduk is nie!
 
Renonkels is een van die mooiste wintersblomme vir my. Hul word Maart/April geplant en blom in die laat winter of vroeë lente.
 
Dit kom herhinner ons weereens aan die konsep van POTENSIAAL. 
 
Sien ons werklik die potensiaal in elke mens om ons, al lyk hul aanvanklik nog vaal, broos, verkramp, onooglik, ongewaardeerd, vuil…..?Sien ons die Goddellike potensiaal in elkeen as dit net die regte grond, water en sonlig kry? As iemand dit VAT, sy of haar hand vat, en dit plant in die regte kondisies – dit voed en versorg?
 
Met tyd, skielik en overwags, kom daar groei en met verdere versorging, sonlig en genoeg water kom daar die ALLERMOOISTE BLOM te voorskyn! 
 
Here, ons is jammer daar word ons oordeel. Ons is jammer daar waar ons dit wat ons voor ons sien afmaak. Help ons om die potensiaal en elke mense te sien.  Met liefde, gebed, geduld en rigting gee sal U die “lelilikste”, “faalste”, vol “modder” bolletjie neem en laat GROEI. 
 
Yolandi