Die intimiteit met ons Here kom VERSADIG ons. Wanneer ons daardie plekkie ontdek is daar niks en niemand anders meer wat daardie ruimte in ons harte kan vul en ons daardie bevrediging kan gee nie.
Ons almal se lewens is woelig en het uitdagings – veral met die toenemende druk van lewenskostes wat styg en die huidige kragkrisis in ons land.
As vrou vir haar man, mamma van drie dogtertjies (LW waarvan ‘n “laat” enetjie ‘n baie bedrywige 15 maande oue peuter is!) en entrepreneur, is daar redelik baie balle om te juggle! En ek weet daar is baie mense met baíe meer uitdagings en verantwoordelikhede as ek! Maar tog – ons almal gaan deur dieselfde emosies.
Die uitdagings is ‘n werklikheid. Ek het een dag gelees: “The power is in the secret place.” Hierdie woorde het my lewe verander. Ek het dit nie net gelees nie, maar dit self ook beleef. Wanneer ek in daardie spesiale spasie/ruimte inbeweeg, net ek en Hy, gebeur daar iets baie baie spesiaal. Iets wat niks of niemand of geen ander geleentheid kan oortref nie.
In DAARDIE ruimte vind ek krag, totale rus, vrede, kalmte, wysheid, insig en vreugde! Dit vul my beker en bring ‘n vrede wat hierdie wêreld ons verseker nie kan gee nie. Dis ‘n ruimte wat ons prioriteit in ons lewens moet maak. ‘n Koppie koffie saam met Hom drink! Soms lag, soms huil, soms skryf, soms lees, soms luister….Dis soos om te draf, Jy kom dalk aan die begin stadig aan die gang, maar hoe meer jy aanhou en getrou oefen, hoe makliker en lekkerder word dit sodat jy later werklik nie meer daar sonder kán of wíl nie.
Dis nie ‘n “ek moet nou bybel lees”, godsdienstige ding nie! Nee, dis ‘n verhouding waar ons by ons Pappa se voete gaan sit. Saam met hom kuier. Hom aanbid en afpak. Soms net luister. Nes met ‘n vriendin of aardse pa of ma.
Sy teenwoordigheid is altyd getrou en Hy eer ons vir daardie tyd wat ons uitsit.
Ek wil getuig vandag van die waarde van ‘n gereelde afspraak – net jy en Hy – met jou Hemelse Pappa. Dit dra jou in tye wat jy voel nou val al die wiele af of dinge raak te veel! Maar meer as dit – Hy is ons eerste liefde! Dis iets om te geniet! Dis werklik. Dis heilig. Dis noodsaaklik.
As jy nog nie die “secret place” met die Here ken of betree het nie – begin vandag! Jy sal nie spyt wees nie! Hy wag vir jou!
Groete
Yolandi Hume
Psalm 84
How lovely are Your dwelling places,
O Lord of hosts!
2
My soul (my life, my inner self) longs for and greatly desires the courts of the Lord;
My heart and my flesh sing for joy to the living God.
3
The bird has found a house,
And the swallow a nest for herself, where she may lay her young—
Even Your altars, O Lord of hosts,
My King and my God.
4
Blessed and greatly favored are those who dwell in Your house and Your presence;
They will be singing Your praises all the day long. Selah.
5
Blessed and greatly favored is the man whose strength is in You,
In [b]whose heart are the highways to Zion.
6
Passing through the Valley of Weeping ([c]Baca), they make it a place of springs;
The early rain also covers it with blessings.
7
They go from strength to strength [increasing in victorious power];
Each of them appears before God in Zion.
8
O Lord God of hosts, hear my prayer;
Listen, O God of Jacob! Selah.
9
See our shield, O God,
And look at the face of Your anointed [the king as Your representative].
10
For a day in Your courts is better than a thousand [anywhere else];
I would rather stand [as a doorkeeper] at the threshold of the house of my God
Than to live [at ease] in the tents of wickedness.
11
For the Lord God is a sun and shield;
The Lord bestows grace and favor and honor;
No good thing will He withhold from those who walk uprightly.
12
O Lord of hosts,
How blessed and greatly favored is the man who trusts in You [believing in You, relying on You, and committing himself to You with confident hope and expectation].