WAT ROER SY HART?
Ek lees eergister oggend hierdie stukkie uit Jesaja 58 en dit kom herhinner my opnuut aan wat God se hart roer en wat Sy hart bly maak! En glo my – ek is die eerste een wat hierdie weer moet hoor en selfondersoek instel!! Daarom deel ek graag!
Soms loop ons rond in ons eie gedagtes met wat ons dink hoe dinge moet wees of hoe om te leef, maar die Woord sal ons altyd rig en help in die Waarheid van Sy wil!!
Wat maak God se hart bly? PRAKTIESE DADE VIR ONS MEDEMENS – nie uiterlike rituele nie.
* om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry,
* om die juk wat op mense druk, af te haal,
* om verdruktes vry te maak,
* om elke juk te breek
* vir dié wat honger is, van jou brood te gee
* aan die armes en die dakloses ‘n blyplek te gee
* wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee
* dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie
Kom ons probeer leef volgens wat GOD se hart bly maak en nie wat “ons dink hoe dit moet wees nie”. Mag ons toelaat dat die woorde ons suiwer.
Dan sal ons wees, soos die skrif verder lui, ” soos ń TUIN met volop water, soos ń fontein waarvan die water nie opdroog nie”!
Lang skrifgedeelte, maar so profound.
Jesaja 58: 6-10
Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie: om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek? Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses ‘n blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie? Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy sal gou herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uit gaan, die mag van die Here sal agter jou aankom. Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy sorg dat mense nie meer by jou verdruk word nie, nie meer gedreig en vals beskuldig word nie, as jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag.
JESAJA 58:6-10 AFR83
en dan verder aan….
ń TUIN met volop water!!
Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ‘n tuin met volop water, soos ‘n fontein waarvan die water nie opdroog nie.
JESAJA 58:11 AFR83
https://bible.com/af/bible/6/isa.58.11.AFR83