In the Garden Blog

SKOONHEID

SKOONHEID

Ons hoef nie vêr te kyk om God se skoonheid te sien en te beleef nie……Dis orals om ons! Ons moet net oplet en kyk!

Hierdie foto het my die naweek regtig stom geslaan. My pa het dit in die wildtuin afgeneem. Dis ‘n TROUPANT voëltjie. Ek kon nie glo uit hoeveel verskillende kleure hierdie voël saamgestel is asook hoe mooi die kleure saamvloei nie!

Die wonder van verskillende kleure – perfek gekies en saamgestel. Die voëltjie weet nie eers hoe mooi hy is nie! Ek dink God het hom so mooi gemaak om net vir ons te wys wat Hy kan doen! En sodat ons dit kan geniet!

Ek het gelees die Voortrekkers het destyds die mooi vere in hul trourokke gedruk om dit mooi kleurvol te maak op die groot Huweliksdag. Vandaar die naam TROUPANT voël.

Soveel skatte in die natuur…..kom ons maak ons oë oop daarvoor en laat toe dat dit ons harte aanraak en in verwondering laat vir die Grootheid en Kreatiwiteit van ons HERE.

Ecclesiastes 3:11 NKJV

“He has made everything beautiful in its time.”

Yolandi