Werkswinkel 29 Julie 2023
Ons “IN THE GARDEN Selfontdekking en Identiteits Werkswinkel” het as gevolg van ‘n koue front wat die Kaap getref het, toe ‘n “ON THE STOEP Werkswinkel geword”!
‘n Dag voor die tyd gesels ek by die Here effens mismoedig oor die weer: “Maar hoe nou gemaak! Ons was veronderstel om ‘n heerlike oggend van skep en kreatief wees buite in die tuin te hê! Ek wou so graag die blomme die bome die berge die voëls en die mooi natuur op ons plaas met hul deel terwyl die winterson ons warm bak!! Maar dadelik hoor ek: “Jy het net vir My nodig, niks meer nie!” En so was dit ook….!Hy is getrou en het meer kom doen as wat ek ooit kon vra!
My woorde is eintlik min…..
Dit was ONGELOOFLIKE spesiale oggend van gesels, deel, lag, deurbrake, trane, kreatief skep, reflekteer en rus in Sy teenwoordigheid…..’n vasmaak van elkeen se UNIEKHEID en OUTORITEIT in HOM.
En terwyl dit buite reën en die stormwinde waai, het die voëls by die stoep vir ons heeltyd gesing en die suikerbekkies het kom kuier!
Hy is GETROU. Ons eer Hom vir die besonderse oggend saam as vroue en wat Hy kom doen het!
Volgende Werkswinkels is in September, Oktober en November.
Volg gerus die skakel vir meer inligting en vooraf besprekings asook die fotogallery op die website.
Werkswinkels 2023 – In the Garden Blog
asook hierdie video
https://fb.watch/llqSoSbFPC/?mibextid=Nif5oz
Liefde Groete
Yolandi
(Fotos is met toestemming van die vrouens geplaas – sien fotogallery)
Psalm 139
Elkeen UNIEK
Vreesloos en Wonderbaar aanmekaar geweef.
Ken jou IDENTITEIT
Getuienis:
“Dit was ‘n oggend van overwhelmness waar ek my hart kon uitstort en geweet het die Here het ‘n afspraak met my gehad. Dit was so spesiaal en ek sal dit more weer doen! Ek bemoedig elke vrou om die werkswinkel te doen! Jy sal jou identiteit in Christus vind, want ek het, en verruil dit vir niks nie!”