Ons is op vakansie. Ons gaan stap in die veld hier in die Noord-Oos Kaap.
Dis koud, maar die winterson skyn heerlik en ontdooi ons hande en voete.
Ek sien ń miershoop. Die bou van hierdie struktuur en al die tonnels faassineer my. Dis ‘n ingenieurswonderwerk! Ek lees dat ‘n mier 50 keer sy eie liggamsgewig kan dra! So wanneer honderde miere saamwerk, kan hul ‘n mierstad bou in ‘n kwessie van ‘n paar dae! Als is georganiseerd en fyn uitgewerk. Verskillende areas vir verskillende doeleindes. ‘n Kamer vir rus, ‘n kamer vir baba versorg en grootmaak, ‘n kamer vir kos berg ens. Met Koningin mier aan stuur en hoof van die organisasie.
Dit kon slegs op een manier gedoen word – SAMEWERKING, EENHEID, ORDE EN STRUKTUUR. Elkeen in pas en ritme met wat hy moet doen. Sy deeltjie. Binne sy grense. Sy spesifieke taak.
Ons is ń gesin van 5. My man, ek en drie dogters van 12, 9 en 17 maande. Voor die vakansie wegbreek het ek duidelik ervaar: al hoe ons werklik die vakansie gaan geniet en waardeer met ons pragtige klein sussie, is as elkeen sy deel doen en saamwerk as ń span. Ons besoek 3 plekke in ‘n week – oppak, afpak, etes, rondry, slapies en saamkuier. Op geen ander manier sal dit kan werk en sal ons dit kan saamgeniet indien ons nie as ‘n span funksioneer in die orde wat ons Here vir gesinne uitgesit het nie.
Dit is maar die sleutel in ń gesin en familie – en kan ook deurgetrek word na ń gemeenskap, kerk, besigheid en land.
Samewerking, eenheid en hierargiese orde. Die miere het saamgewerk om die woning te bou en te kan funksioneer – sodoende kon dinge gedoen en voltooi word, hul veilig wees en hul einddoel bereik. Die werk en saamwerk is nie altyd ” lekker” nie – maar die vrugte is goed! En voor jy besef ook vreugdevol!
Kom ons lê ons dinge neer en probeer saamwerk daar waar ons ervaar God ons geplant het. Kom ons begin by ons gesin of mensies om ons.
En ja – die eerste paar dae was skuur en skaaf, maar as ‘n span kon ons begin vloei en die tyd saam baie geniet!
Hy bly ‘n God van orde – als met ‘n goeie rede!
Behold, how good and how pleasant it is For brothers to dwell together in unity! It is like the precious oil [of consecration] poured on the head, Coming down on the beard, .
Psalms 133:1-2 AMP
Yolandi