In the Garden Blog

ABIDE IN ME / BLY IN MY

Woensdag 12 Julie 2023

Sedert Donderdag 6 Julie beleef ek dat die Here vir my herhalend sê:

ABIDE in me

ABIDE in me

ABIDE in me

Ek ervaar toe die volgende skrifgedeelte:

Johannes 15: 1-11 – Wingerdstok

Soveel keer word herhaal – BLY in My – REMAIN in Me. Julle moet in My bly en Ek in julle. ‘n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. JOHANNES 15:4‭-‬5 AFR83 https://bible.com/af/bible/6/jhn.15.4-5.AFR83

Ons kan slegs goeie vrugte dra AS ons IN DIE WINGERDSTOK (ons God) bly. Ons moet in EENHEID en INTIMITEIT met ons Vader bly as ons wil vloei in die Gees en Sy hart wil uitleef na buite. Beweeg ons uit daardie eenheid en intimiteit, is dit wat uit ons vloei nie in Sy gees nie. Om te bly in die Wingerdstok is om in eenheid, intimiteit en harmonie met God te leef.

Ek gaan lees die definisie na van die woord wat ek heeltyd kry: ABIDE

“To “abide” is a verb. It is active. Abiding in Christ is NOT a feeling or a belief, but something we DO. It means to “remain” or “stay” and entails far more than the idea of continued belief in the Savior.”

En verder…..! “John 15:5 further illustrates this abiding relationship with a parallel relationship of a vine and a branch. “

Nog ń woord vir “abide” is “obey”.

Ek beleef ons Here wil ons attent en profeties selfs waarsku deur die volgende SLEUTEL vir ons te gee:

Om te BLY in Hom. To ABIDE. Om intiem met Hom in Eenheid met Hom te bly en te wandel. In die Wingerdstok. Indien nie, gaan ons vrugte lewer wat NIE van Hom af kom nie. Ons gaan selfs afgelei en mislei word, soms deur ons eie EMOSIES. Saam met dit (om in Hom te bly), is om GEHOORSAAM te wees aan Sy opdragte, stappe en ook Sy gebooie. Hier moet ons weereens nie staatmaak of gelei word deur ons EMOSIES nie. So bly ons in die Wingerdstok en Sy volkome liefde. En deur die vrugte wat ons dan dra, sal Sy naam verheerlik word!

“If you keep My commandments and obey My teaching, you will remain in My love, just as I have kept My Father’s commandments and remain in His love. John 15:10 AMP https://bible.com/bible/1588/jhn.15.10.AMP

En dan ook…..

“So Jesus was saying to the Jews who had believed Him, “If you ABIDE in My word [continually obeying My teachings and living in accordance with them, then] you are truly My disciples. And you will know the truth [regarding salvation], and the truth will set you free [from the penalty of sin].” John 8:31‭-‬32 AMP https://bible.com/bible/1588/jhn.8.31-32.AMP

ABIDE IN ME

ABIDE IN ME

ABIDE IN ME

Yolandi Hume