In the Garden Blog

SELFONTDEKKING EN IDENTITEITS WERKSWINKEL 17 September 2023

Werkswinkel 17 September 2023

‘n Oggend van rus, gesels, skep, ontdek, vasmaak, openbarings.

Sy liefde vir elkeen is wat my die meeste tref – en hoe baie Hy het om vir elkeen te sê!

Hy wil dit wat reeds in elkeen is, kom OOPSLUIT. 

Sodat elke dogter kan WEET wat haar roeping is en die gawes waarin sy vloei, asook wat haar IDENTITEIT in haar MAKER is. 

So baie van Sy kinders het ‘n skatkis vol talente en gawes, maar dis asof dit TOEGESLUIT is.

Dis tyd om los te kom en stap in dit waarvoor jy geskape is!

Ek eer HOM alleen vir ‘n besonderse oggend met besonderse vroue!

Yolandi