In the Garden Worship 4
30 September 2023
V I N K E
.
.
.
Kosbare oggend wat ons op die STOEP spandeer het weens die reën!
Maar nietemin, God is getrou en Sy teenwoordigheid was weereens GENOEG en al wat nodig was!!
Hy leer MY al meer dat my prentjie nie altyd Sy prentjie is nie. Om beheer neer te lê en oor te gee vir Hom om te doen hoe Hy wil!
Dit was ‘n spesiale, intieme oggend en omdat ons ‘n klein groepie was, kon ons heerlik saam gesels en fellowship na die worship!
Ek deel graag die woord wat ek beleef het vir die oggend:
Die dag toe ek die datums vir die worship uitstuur, het ek ‘n tydjie met Hom spandeer. Ek het gesien hoe die suikerbekkie by die bottel stroop wat aan ‘n boom in my tuin hang, drink. Ek het beleef dat die Here sê: “Kyk – wat sien jy”. Ek het rustig gesit en kyk hoe die suikerbekkie drink. Kort-kort het daar ‘n geel vink gekom en die suikerbekkie weggestoot en dan self ook gedrink aan die stroopbottel. So het dit aangegaan vir ‘n tyd. Die suikerbekkie wat drink en die vink wat kort kort die suikerbekkie wegdruk en self van die stroop drink.
Ek ervaar toe die volgende oor wat voor my afspeel:
Wat steel ons tyd met God?
Die suikerbekkie verteenwoordig, in hierdie situasie, vir ons. Die suikerstroop wat vir die suikerbekkie bedoel is, is soos die olie (die krag, vrede, vreugde, liefde, beskerming) wat ons ontvang met ons intimiteit en tyd met Hom.
Die vinke verteenwoordig dit wat ons tyd en intimiteit met ons Here kom steel.
Die vraag vandag is:
Wat is die vinke in ons lewens? Wat in ons lewens kom steel ons tyd met ons Here? Intimiteit met ons Pa?
Dis iets wat ons vir die Heilige Gees kan vra om ons in te lei en ons te help wys wat ons daaraan kan doen en hoe ons dit kan hanteer.
Ek beleef die laaste 2 jaar ‘n absolute DRINGENDHEID om te deel hoe belangrik intimiteit en afsondertyd met ons Here is. Die “secret place” wat die spesiale plekkie in ons harte tussen ons en God is – waar ons kan kom ‘drink’ en rus, ons vul met Hom en Sy krag en vrede. ‘n Dieper en dieper gaan in Hom.
Buiten dat Hy dit verlang om ons te geniet, beleef ek ook die dringendheid in hierdie tye van vasmaak in Hom. Om intimiteit met Hom PRIORITEIT te maak. Ons het tans en gaan vorentoe NIE DAARSONDER KAN OORLEEF NIE.
Psalm 23
23 The Lord is my Shepherd [to feed, to guide and to shield me],
I shall not want.
2
He lets me lie down in green pastures;
He leads me beside the still and quiet waters.
3
He refreshes and restores my soul (life);
He leads me in the paths of righteousness
for His name’s sake.
4
Even though I walk through the [sunless] [a]valley of the shadow of death,
I fear no evil, for You are with me;
Your rod [to protect] and Your staff [to guide], they comfort and console me.
5
You prepare a table before me in the presence of my enemies.
You have anointed and refreshed my head with [b]oil;
My cup overflows.
6
Surely goodness and mercy and unfailing love shall follow me all the days of my life,
And I shall dwell forever [throughout all my days] in the house and in the presence of the Lord.