In the Garden Blog

TUIN VAN ONS HART

TUIN VAN ONS HART

.

.

.

Nog heel week beleef ek hierdie woorde, maar was self so doenig met al die tuine in ons lewens!

Ons harte is werklikwaar soos ‘n blombedding of tuin.

Van kleins af word daar baie in gesaai. Die saadjies word natgemaak en versorg en groei dan hopelik tot mooi bome of groot plante met mooi blomme!

Maar nes tuine gereeld versorging nodig het – onkruid en dissels moet uitgetrek word – so het ons ook stilstand nodig om die tuin van ons eie hart te versorg en skoon te maak.

Dieselfde geld vir ons kinders.

Onkruidsade val en groei net so gou soos blomsade. Tyd moet ingeruim word om die bedding van ons harte te ondersoek en als wat onkruidagtig is moet wortel en al uitgetrek word, anders groei dit gou-gou tot nare bosse wat al die mooi blomme en struike in ons “tuin” kom verstrengel.

Hoe doen ons dit?

Deur te praat met God of ‘n vriendin. Deur dinge aan die LIG te bring.  Deur tyd uit te sit. Deur te vergewe.

Ons kinders het ook gereeld hierdie “tuin ondersoeke” nodig sodat die dissels en onkruid (wat soms weggsteek lê onder die takke) verwyder kan word. Water en sonlig (liefde, omgee, versorging, die Woord) sal help om dan die tuintjies weer optimaal te laat groei.

Wanneer laas het jy na die tuin van jou hart omgesien?

Dalk is daar nuwe onkruide, dalk is daar oues wat al groter is as jou blomme, dalk kort daar bietjie water, dalk kort daar ‘n titseltjie meer sonlig op die blare…..

En weet jy, ons eie tuine moet eers na omgesien word voordat ons ander ‘n hand kan gee met hul tuine. Anders dra ons dalk ook ‘n klomp van ons onkruidsade daar oor óf raak ons dalk te moeg van die werk om dan nog krag te hê om na ons eie tuin om te sien.

Hoe lyk ons kinders se tuintjies? Is die bedding skoon, vol lewe en vrugbare grond? Ons sal verbaas wees as ons soms bietjie grawe en hul hul hartjies oopmaak. Hul tuintjies is net so kosbaar en spesiaal.

Kyk na die tuin van jou hart. Daarvoor is tyd vir refleksie nodig – beide vir ons en ons kinders. As ons te besig is en net aangaan met ons taak/take, besef ons dikwels nie watter onkruidsaad als geval het en hoe groot dit al gegroei het nie. Sit een oggend ‘n week of veral vakansies uit vir jouself en vir jou kinders se emosonele versorging. Tuine vol onkruid kan nie floreer nie.

Here, dankie dat U ons help. U is getrou en vol Liefde.

‭‭Proverbs‬ ‭4:23‬ ‭AMP‬‬
[23] Watch over your heart with all diligence, For from it flow the springs of life.
 
‭‭SPREUKE‬ ‭4:23‬ ‭AFR83‬‬
[23] Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.
 
MATTEUS‬ ‭13:25‭-‬26‬ ‭AFR83‬‬
[25] Een nag, toe die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid tussen die koring gesaai en verdwyn. [26] Toe die groen koring opskiet en in die aar begin kom, het die onkruid ook sigbaar geword. 
 
https://bible.com/bible/6/mat.13.25.AFR83
 
‭‭Matthew‬ ‭13:25‭-‬26‬ ‭NIV‬‬
[25] But while everyone was sleeping, his enemy came and sowed weeds among the wheat, and went away. [26] When the wheat sprouted and formed heads, then the weeds also appeared.