Daar is soveel rus, vrede, genesing en vele ander vrugte wat ons uit die natuur kan kry.
Of ons nou in die natuur rus, stap, draf, in ń tuin werk, plant, lê watookal – dit gee soveel vir ons en doen iets moois vir ons gees – en vir ons kinders.
Hoekom?
Ons Here is die natuur! Als is deur Hom fyn en gedetaileerd geskep vir ons. Dis waar ons begin het met Hom….in die tuin.
Ons sal altyd “getrek” voel na die natuur veral as ons seer het of oorstuur voel – want Hy is so tasbaar daarin.
Gister was so dag vir my – dankie dankie dankie vir die mooi van die natuur – dit kom bedien my liggaam en gees🙏
My pa sê my oupa het altyd gesê die grootste probleem met die mensdom is hy beweeg te vêr weg van die natuur.