Vandag is “TUINDAG” in SA.
Ek sit in my tuin vandag en deel wat tuin vir my beteken.
Tuin is waar als begin het. Waar die eerste mens in perfekte harmonie met God sy Skepper gewandel het. Waar hulle die diere en voëls en plante kon geniet tesame met ń intieme verhouding met hul Skepper.
Daarom sal ons gees altyd getrek word na die natuur, want dis waar ons met Hom begin het.
Al het die sondeval onkruid en dissels en allerlei siektes en nare dinge meegebring, bring die natuur steeds daardie vreugde.
Tuin of natuur bring rustigheid, kalmte, verfrissing, ontlading, nadenke, ń vryheid en ń bederf van die mooi om jou.
Hy het dit geskep en dis mooi!
Daar is soveel in die natuur om te sien – al die voëls, insekte en spesies is nog nie eers ontdek nie!
Wat is lekkerder as om onder ń koelteboom saam met jou gesin en familie te sit en kuier terwyl die wind deur die bome waai en die voëls rondom jou sing?
Wat is mooier as blomme en plante wat in ń tuin groei – die vrug van arbeid en versorging.
Kinders wat speel en hardloop op ń grasperk en ure lank hulle kan vermaak in die bome en elke hoekie van jou tuin.
Tuin leer ons ook baie.
Geduld, uithouvermoë, beheer oor gee; elke ding het sy vaste tyd, arbeid en genot.
Die klanke van voëls, wind in bome, waterstrome is mooier as enige mensgemaakte klank.
Die lys gaan aan….
Geniet jou tuin, of ń tuin of begin ń tuin.
☘️🌻🌿