In the Garden Blog

WOORDE

Vanoggend toe ek klaarmaak beleef ek die volgende woorde:
 
Wat spreek jy?
 
Spreek woorde van LEWE.
 
Ek besef: ons word omring deur uitdagende omstandighede in die wêreld, in ons land en ook op alledaagse vlak in ons eie lewens.
 
Gou kan moedeloosheid en negatiewiteit ons gedagtes oorspoel en kom dan ook so uit by ons mond, wat dan verder en verder gaan….
 
Die skrif kom by my op:
 
‭‭Proverbs‬ ‭18:21‬ ‭NIV‬‬
[21] The tongue has the power of life and death, and those who love it will eat its fruit.
 
‭‭SPREUKE‬ ‭18:21‬ ‭AFR83‬‬
[21] Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolg dra.
 
‭‭Proverbs‬ ‭18:21‬ ‭AMP‬‬
[21] Death and life are in the power of the tongue, And those who love it and indulge it will eat its fruit and bear the consequences of their words.
 
Dikwels dink ons – “maar ek VOEL nie hoopvol en positief nie”! Of  “ek sien net nie ń uitweg of oplossing nie”! Of “dit gaan nou sommer vals wees van my om dit te spreek, want ek voel glad nie so nie”! 
 
Die geheim lê hierin – al VOEL jou hart dalk angstig, moedeloos of neerslagtig – begin LEWE EN WOORD SPREEK met jou tong. Binnekort sal dit wat jy spreek ook jou hart en gedagtes kom vernuwe en wel daardie hoop en positiwiteit real maak vir jou! Soms vat dit ń tyd – maar wees verseker dat dit sal VRUG dra!
 
Mooi dag!!
 
Yolandi