In the Garden Blog

RUS EN HERLAAI

Ek besef vandag die belangrikheid van RUS en om ons batterye te herlaai! 
 
Kyk hoe praat ons Here vandag met my! Ek ry agter hierdie trok vandag. Onmiddelik vang die woorde SABAT my oog en laat my dink aan God se SABBAT = om te rus. En verder (ek glimlag) sien ek die batterye en besef dadelik – ONS HET NODIG OM ONS BATTERYE TE HERLAAI!
 
Hy ag dit belangrik vir ons om te rus, saam te kuier en tyd maak vir dinge wat ons eie batterye as MENSE ook herlaai, want gou, sonder dat ons dit besef, kan dit leegloop!! Dis asof Hy dit vir my ” highlight” en uitwys – RUS en HERLAAI!! Die rus neem verskillende vorme vir ons elkeen aan (kuier met vriende, stap op strand, na ń salon te gaan, na ń show te kyk, op die bank (of gras!) te lê, tyd met Hom spandeer), maar steeds bring dit dieselfde mee – BATTERYE WAT HERLAAI! 
 
Rus is Heilig!
 
Rus is goed vir ons!
 
Rus is ń OPDRAG!
 
Wanneer ons te besig raak, begin ons eintlik uit Sy rus en wil beweeg en bring dit vele gevolge mee.
 
My derde dogtertjie van 20 maande is lekker bedrywig! Veral die laasste 2 jaar was baie woelig! Ek besef ek moet intensioneel tyd skep om te rus en te kuier anders gebeur dit nie met die bedrywig wees met haar, haar twee sussies, man, blomme, bediening ens nie. 
 
Net so het ons elkeen ń lysie van wat ons besig hou, maar ek besef: vir God is dit werklik bitter belangrik vir ons om te RUS ten einde ń gesonde liggaam, siel en gees te handhaaf!
 
RUS is nie ń vloekwoord nie.
 
RUS is om te kies om na ons liggaam, siel en gees om te sien.
 
Batterye wat leeg loop beteken niks🌿💚☘️