Soms moet ons ook net mooi bly fokus – ons oog hou op die pad wat ons moet loop en nie rondkyk en koers verloor nie.
JEREMIA 31:21-22 AFR83
[21] Rig vir jou padwysers op, bring vir jou rigtingborde aan, hou jou oog op die grootpad, op die pad wat jy moet loop. Kom terug, Israel, kom terug na jou stede toe. [22] Hoe lank gaan jy nog talm, jy wat so dikwels jou eie koers gaan? Die Here skep iets nuuts in jou land: Israel sal die Here liefhê.
In konteks is hierdie vir die Israeliete geskryf. Om fokus te hou.
Maar vir ons kan dit nog soveel beteken vandag. Om koers te hou – ons oog te hou op die pad waartoe Hy ons roep.
Dis einde van die jaar. Mense raak moeg, ander behandel jou dalk verkeerd en dit kan meebring dat jy jou oë afhaal van die pad wat Hy wil hê jy moet op fokus🌿
En verder….
JEREMIA 31:25 AFR83
[25] Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed.
Wat ń mooi belofte van Hom! Hy sal altyd nuwe krag gee vir die wat moeg raak en vir wie die pad dalk lank word, want Hy is God Almagtig.
Behou jou vrede en fokus op die pad wat Hy wil hê jy moet stap🌿