In the Garden Blog

SELFONTDEKKING EN IDENTITEITS WERKSWINKEL 18 NOVEMBER 2023

Gister was die laastse werkswinkel van die jaar en  was ‘n mooi oggend saam met drie kosbare vroue.

Ons kon saam gesels, kreatief skep, lag, soms huil, dieper delf, saambid en onstpan terwyl Selfidentiteits-collages gemaak is. 

Ons kon afsluit met die maak van unieke blommekopkransies in ons tuin!

Weereens beleef ek die diepte van God se liefde vir elke vrou en Sy hart vir elkeen om heel te wees en in outoriteit te stap in dit waarvoor Hy haar gemaak het. 

Kosbaar en delikaat aanmekaar geweef. Vreesloos en wonderbaar gemaak deur Hom en in Hom. 

Psalm 139

Mag julle vlieg!