Dan skiet dit wortel, maar hierdie saadjie moet eers sterk wortelstrukture vorm voor dit kan groei tot verdere hoogtes om sy unieke en spesifieke doel te dien.
Swak wortelstelsels en struktuur gaan nie ń sterk en stewige fondasie en daarmee ń sterk plant, blom of boom vorm nie.
Die wortel se grondwerk en fondasie-vorming vat lank, dis ń proses. Hierdie wortels raak nog sterker en groei nog dieper as dit uitgeplant word. Maar die wortels moet groter en sterker word sodat die plant of boom standvastig kan staan as die storms kom.
Ons anker is God.
Ons wortels moet so diep strek, maar dit verg tyd en geduld. Oorgee. VERTROU.
Ons sal stap in wat ons voor gereed is in Sy tyd, want Hy weet beter. Stap. Die deure sal oopmaak wanneer Hy weet ons is gereed.
Op Sy tyd – Sy manier.
Ons almal is geroep om te DIEN en die goeie nuus te deel, maar saam met dit is ons uniek aanmekaar geweef tot ń spesifieke en unieke plekkie en rol in die samelewing.
En daar sal ń leemte wees as ons dit nie ontdek en uitvoer nie. Dis hoe kosbaar ons elkeen vir Hom is☘️🌻.
PSALMS 1:3 AFR83
[3] Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.
JEREMIA 17:8 AFR83
[8] so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ‘n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.