In the Garden Blog

BLOMTYD

B L O M T Y D
.
.
.
 
My orgidees het begin blom….
 
Vir jare het ek dit verkoop en het ek self baie daarvan in my huis rondgesit. Ek het vir eers gestop met die koms van ons kosbare derde dogtertjie. Daar het seker honderde en honderde van hulle deur my hande na kliënte gegaan. 
 
Dis altyd ń groot wow as daar ń steeltjie deurbreek en stadig maar seker langer word en knoppe begin vorm….
 
Jy is in afwagting vir die knoppe om te ontwikkel en groter te word. Dis ń proses van wag en geduldig wees en intussen moet jy die regte hoeveelheid water en sonlig gee vir die kosbare plant. 
 
Ek skryf al vir jare lank altyd iets oor hierdie mooi plant as dit begin blom, want elke keer tref die skoonheid daarvan my. 
 
Sy perfekte tyd en ritme van ń steel vorm, knoppe vorm aan die steel en dan eendag – ‘n BLOM. 
 
Waar is jy op die oomblik in jou lewe?
 
🌿Wag jy vir daardie steel om sy verskyning te maak?
🌿Het die steel reeds uitgestoot, maar jy wag vir knoppe om te vorm?
🌿 Is die knoppe reeds daar, maar wil nog nie oopgaan nie?
 
Weet verseker: alles het sy vaste TYD. Die stadige groeiproses is eers nodig voor hierdie pragtige blom tot sy volheid kom en floreer! Die steel moet STERK en STEWIG wees en die blom kan vashou en hanteer. GROEI is nodig. Dalk eers nog ń bietjie water, nog ń bietjie lig, nog ń bietjie GEDULD en een dag –  ń pragtige, unieke blom wat oopgaan.
 
Waar jy jou ookal bevind, weet dat jy OPPAD is. 
 
Dat die PROSES karakter help groei. Wortels en stele moet versterk om sodoende die tyd wat die blom oopgaan, daardie blom mooi stewig te kan dra in sy roeping.
 
God se tyd is die volmaakte tyd. 
 
Ons kan rus (vertrou) in Hom en Hom toelaat om ons te ontwikkel.
 
‭‭Ecclesiastes‬ ‭3:1‭-‬2‬ ‭AMP‬‬
[1] There is a season (a time appointed) for everything and a time for every delight and event or purpose under heaven— [2] A time to be born and a time to die; A time to plant and a time to uproot what is planted.
[6] A time to search and a time to give up as lost; A time to keep 
[4] A time to weep and a time to laugh; A time to mourn and a time to dance.