R E Ë N B O O G
.
.
.
Om ń reënboog te sien bring my altyd tot stilte.
Dis ń oomblik waar alles van die wêreld stilstaan en plek maak vir die Bonatuurlike.
Ń gevoel van verwondering, glimlag en verstomming is wat ons beleef wanneer ons met God se bonatuurlike te doen kry.
As hierdie alreeds ons asem kan wegslaan, hoeveel te meer gaan die Hemel nie doen nie!
Ons kan ons nie indink nie!
Maar vir eers geniet ons Sy skepping, Sy teenwoordigheid, Sy kreatiwiteit, Sy reënboë hier voor ons.
Hy is die God van die bonatuurlike!
En Hy het ons baie lief.
Sien ons dit raak?
Genesis 9:13 Afr 83
[16] Die REËNBOOG sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”
ESEGIËL 1:28 AFR83
[28] Die glans rondom was soos dié van die REËNBOOG in ‘n wolk na die reën. Dit was soos die magtige verskyning van die Here. Toe ek dit sien, val ek plat en ek hoor ‘n stem praat.
DIE OPENBARING 4:2-3 AFR83
[2] Onmiddellik is ek deur die Gees meegevoer. Ek het gesien daar staan ‘n troon in die hemel en op die troon sit daar Iemand. [3] Sy voorkoms was soos opaal en karneool. Om die troon was daar ń REËNBOOG met die glans van smarag.
Foto in my tuin🌿