In the Garden Blog
Menu
Tuis
Skrywe
Piekniek
Werkswinkels
Ander – Events
Fotogallery
KREATIEWE WERKSWINKEL - GROEP
Ek het die voorreg gehad om laas week ń groep van ses onderwysers van ń Hoërskool te bedien in die tuin.
Dit was ń kosbare oggend en ek kon sien hoe hul ń oggend van rus, refleksie en kreatiwiteit kon indrink op ń heerlike, sonskyn somersoggend.
Ons kon saam gesels, saam bid en hul kon werklik die goud in mekaar identifiseer, na vore bring en vasmaak.
Ons kon afsluit met die maak van kopkransies in die tuin – elkeen uniek aanmekaargeweef!
Elkeen se liggie is uniek en helder en saam kan dit ń baie groot verskil maak!
Elkeen het ń plek en ń rol.
Dit was ń voorreg!
Yolandi
e-pos