S K O O N H E I D
.
.
.
Ons sien soveel skoonheid rondom ons wat my laat dink het: wat is/beteken SKOONHEID/”BEAUTY”?
En is die betekenis van skoonheid dieselfde vir elkeen?
Daar is soveel SKOONHEID wat Hy gemaak het vir ons as mens om te kan geniet!
Ecclesiastes 3:11 AMP
[11] He has made everything beautiful and appropriate in its time.
Net so is daar soveel skoonheid wat ons as mense kan skep (bv skilderye, liedjies, argitektuur ens) om te kan geniet, want daar is kreatiwiteit in ons elkeen ingebou omdat ons Pa kreatief is!
Skoonheid is vir my innerlik en uiterlik. ń Mooi blom, sonsondergang, rok, skildery, ń sonskyndag, maar ook ń Godvresende vrou, ń onselfsugtige gebaar, nederigheid….
Een definisie van SKOONHEID/BEAUTY is (Oxford Dictionary):
“The quality present in a thing or person that gives intense pleasure or deep satisfaction to the mind, whether arising from sensory manifestations (as shape, color, sound, etc.), a meaningful design or pattern, or something else (as a personality in which high spiritual qualities are manifest).”
Skoonheid neem soveel verskillende vorme aan.
Maar party is BLYWEND en party is TYDELIK.
Om na ons uiterlike om te sien is kosbaar en heilig. Om onsself mooi te maak en te versorg is verseker ook kosbaar en heilig en toon respek vir ons aardse liggame wat ons ontvang het en na omsien.
Maar SAAM met dit is dit so belangrik om ook ons innerlike self te versorg en te vul met Sy Gees. Laasgenoemde is meer BLYWEND. Om die hart, siel en gees te versorg met Sy woord en tyd met Hom – dis asof dit oorloop en dan uitvloei in ń uiterlike glans en skoonheid wat mooier is as enige ander mooi!
Wat sê die woord oor ons skoonheid?
1 PETRUS 3:3-4 AFR83
[3] Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie. [4] Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde.
1 Peter 3:4 AMP
[3] Your adornment must not be merely external—with interweaving and elaborate knotting of the hair, and wearing gold jewelry, or [being superficially preoccupied with] dressing in expensive clothes; but let it be [the inner beauty of] the hidden person of the heart, with the imperishable quality and unfading charm of a gentle and peaceful spirit, [one that is calm and self-controlled, not overanxious, but serene and spiritually mature] which is very precious in the sight of God.
SPREUKE 31:30 AFR83
[30] Uiterlike skoonheid hou nie, ‘n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien ‘n vrou om geprys te word.
Proverbs 31:30 AMP
[30] Charm and grace are deceptive, and [superficial] beauty is vain, But a woman who fears the Lord [reverently worshiping, obeying, serving, and trusting Him with awe-filled respect], she shall be praised.
Blywende skoonheid…..dis so mooi☘️