In the Garden Blog

GROOT

Wanneer ons by ń vreemde plek kom is ons jongste gewoonlik die eerste nag maar taamlik vroeg op. Hul weet onmiddelik – ons is nou op ń ander plek en hier lyk dit opwindend!
 
So by 4:30 gisteroggend toe die lig begin instroom, is ons al op en begin ons oggend!
 
Terwyl ons ander twee nog slaap gaan sit ek en sussie op die balkon en drink die asemrowende uitsig in – saam met ń koppie koffie!
 
Ek kyk hoe die brander breek voor my. Daar is ń rots waarteen die waters breek en meters hoog die lig inskiet. 
 
Die krag van die see, die grootheid van die branders laat mens in verwondering en baie klein voel.
 
Die liedjie “How great is our God” kom by my op.
 
Maar daardie krag van die see is maar net ń fraksie van Sy grootheid en Almag. 
 
Om Hom te ontdek en te beleef oortref enigiets op aarde wat vir jou voel – hierdie is die “ultimate”. Hierdie is my lekkerste ervaring. Daardie maal ń miljoen is die belewenis wanneer jy Hy homself aan jou bekend maak….en niks anders sal jou ooit weer tevrede kan stel buiten Hom nie.
 
Dankbaar vir die natuur wat ons kom leer en herhinner – this is only the beginning of so much more!
 
HOW GREAT IS OUR GOD
 
‭‭Psalms‬ ‭95:3‭-‬7‬ ‭AMP‬‬
[3] For the Lord is a great God And a great King above all gods, [4] In whose hand are the depths of the earth; The peaks of the mountains are His also. [5] The sea is His, for He made it [by His command]; And His hands formed the dry land. [6] O come, let us worship and bow down, Let us kneel before the Lord our Maker [in reverent praise and prayer]. [7] For He is our God And we are the people of His pasture and the sheep of His hand. Today, if you will hear His voice,
 
‭‭PSALMS‬ ‭95:3‭-‬6‬ ‭AFR83‬‬
[3] want die Here is die magtige God, die groot koning oor al die gode. [4] Die dieptes van die aarde behoort aan Hom, die kruine van die berge is Syne. [5] Die see is Syne, Hy het dit gemaak; sy hande het die land gevorm. [6] Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper!
 
‭‭PSALMS‬ ‭145:3‭-‬6‬ ‭AFR83‬‬
[3] Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik. [4] Geslag na geslag prys wat U doen en vertel van u magtige dade, [5] van die luister, die heerlikheid van u majesteit. Ek wil getuig van u magtige dade, [6] sodat die mense oor u wonderdade sal praat. Ek wil van u grootheid vertel.
 
‭‭Psalms‬ ‭145:3‭-‬4‬ ‭AMP‬‬
[3] Great is the Lord, and highly to be praised, And His greatness is [so vast and profound as to be] unsearchable [incomprehensible to man]. [4] One generation shall praise Your works to another, And shall declare Your mighty and remarkable acts.