In the Garden Blog

TWEEDE KANSE

Ek sien vanoggend hierdie foto op die internet (nie self geneem nie).
 
Ek sien – TWEEDE KANS!
 
Hierdie boom het iewers deur moeilik gegaan. Dit het dalk siek geword, deur ń storm gegaan, foute gemaak, seergekry, verdroog. Dalk is dit sommer net afgekap.
 
Maar wat kom leer dit vir ons?
 
TWEEDE KANSE!
 
Dalk was jy in jou lewe deur dit wat hierdie boom is, maar ek weet verseker – ons dien ń God van tweede kanse.
 
Dalk het jy foute gemaak of het ander se foute jou heeltemal verniel.
 
Hy vergewe waar ons belei, Hy maak ons nuut en Hy kan dinge help omswaai en als ten goede laat meewerk vir DIE WAT HOM LIEFHET (Rom 8:28). Dis Sy belofte vir SY KINDERS. Hy kom maak nuut!‭ Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. (2Kor 5:17)
 
Geen situasie is te “groot gemors” vir Hom nie🌿.
 
Hierdie “nuwe” boom is nou sterker en wyser.
 
Dit het ń TWEEDE KANS gekry!