Ons het as gesin ń roete gaan stap na ń waterval.
Ons het nog nooit die roete gestap nie en het maar ons eie idee gehad van hoe dit gaan wees!
Die begin was maklik – redelike gelyke terrein en nie te moeilik nie. Lag-lag, gesels-gesels stap ons daardeur – maar soos ons vorder, het die aansienlik moeiliker begin raak!
Die wandelpad het skielik in ń moeilike en tegniese seerots-klim-“pad” verander en ons moes soms mooi kyk hoe ons loop – mooi trap, mooi vashou, versigtig elke tree plaas (my man nog met sussie op die rug ook!).
Hierdie klouter, klim en rotse het vir ń lang tyd so voortgeduur.
Na dit is ons weer in die bos en kry ons ongelooflike steiltes en daarna weer afdraende van versigtig trap om nie te gly nie.
Kort-kort hoop en glo ons ons is nou amper daar en spoor die kinders aan om vas te byt en aan te hou.
Op ń stadium sê my man ons moet nou gaan sit en iets eet en drink om ons liggame weer energie te gee. Ons vat ń ordentlike breuk en ek kan voel hoe die “snacks” van droëwors, gedroogte vrugte, druiwe, water ens ons liggame weer krag gee.
My gedagtes oor sussie op my man se rug en besorgdheid oor die kinders wonder ek toe ek die volgende steil bult bekyk – hoe vêr nog? Is dit wys? Gaan almal OK wees? Ons water is so te sê op! Ons moet nog trrug stap ook! Maar ons kies om dit aan te pak en te voltooi.
Daar kom ń man van voor af.
Ek vra hul (terwyl ek by myself dink dat ons nou amper daar is) of dit nog vêr is.
Swetend en uit asem antwoord hy dat dit nog ń lang, baie “tough” stuk is wat voorlê – maar dat dit die moeite werd is!
Skielik begin ek twyfel en bekommerd raak. My middelste is klaar baie, baie moeg, my man dra ons jongste wat ń taamlike gewiggie is….ek voel skielik ontmoedig.
Ons besluit steeds om voort te gaan….ons het dan nou so vêr gekom! En die eindbestemming is die “pad die moeite werd”!
Voor ons sien ons die eindpunt. Daardie laaste deel was toe nie so erg soos wat vir ons geskets is nie. Voor ons is die belowende waterfal asook klomp dolfyne agter ons in die see!
Alhoewel daar ook minder opdraende was, het die roete terug vinniger en makliker gevoel. Die voltooïng daarvan was amazing en dit het goed gevoel!
Hierdie stappie het my aan ons lewenspad hier op aarde laat dink:
🌿Ons lewenspad is by tye reguit, makliker, genotvol. Ons moet dit geniet!
🌿By tye kom daar onverwagse, baie moeilike terrein wat ons moet hanteer en oorkom. Ons moet dit oorbruig, tree vir tree. Mekaar aanspoor om vas te byt. Nie tou op te gooi nie.
🌿Ons kry mense langs die pad wat ons dalk ontmoedig – ons moet ons gedagtes dus bewaak.
🌿Ons kry ook mense langs die pad wat ons BEmoedig. Koester dit en ontvang dit.
🌿RUS is nodig om kragte te herwin en te herstel om die pad te voltooi. Fisies, geestelike en emosioneel.
🌿Sorg dat jou water wat jy saam dra vol bly – die Heilige Gees kom vul ons met krag en wysheid wat bonatuurlik is en nie uit eie krag kan kom nie.
🌿Die eindbestemming en die Hemelse beloning is die pad die moeite werd. In tye van swaarkry, vasbyt, reg kies, twyfel of onsekerheid – FOKUS weer op Hom en daarop.
Philippians 4:13 AMP
[13] I can do all things [which He has called me to do] through Him who strengthens and empowers me [to fulfill His purpose—I am self-sufficient in Christ’s sufficiency; I am ready for anything and equal to anything through Him who infuses me with inner strength and confident peace.]
James 1:12 AMP
[12] Blessed [happy, spiritually prosperous, favored by God] is the man who is steadfast under trial and perseveres when tempted; for when he has passed the test and been approved, he will receive the [victor’s] crown of life which the Lord has promised to those who love Him.
2 Timothy 4:7 AMP
[7] I have fought the good and worthy and noble fight, I have finished the race, I have kept the faith [firmly guarding the gospel against error].