Om te BLOM waar jy geplant is……dit bly ń WILSBESLUIT, ń keuse!
Om op te staan en dit te kies.
Omstandighede gaan verseker maak dat ons nie altyd lus voel nie, maar die besluit dryf jou om nie onder die omstandighede in te gaan nie, maar om ñ saadjie te plant, dit water gee en ń VERSKIL te maak.
ń Tevredenheid te beleef dat jy ń verskil maak, “groot” of “klein” hier op aarde.
Daardie blom mag dalk net iemand anders die jaar inspireer om ook op te staan en te LEEF en ń verskil te maak.
Ons tyd hier is beperk.
Ons sien UIT na die ewigheid, maar hier is nog ń taak.
Ons kan nie altyd die omstandighede verander nie, maar ons kan kies om te blom waar ons geplant is!