In the Garden Blog
Menu
Tuis
Skrywe
Piekniek
Werkswinkels
Ander – Events
Fotogallery
STORIE
S T O R I E
.
.
.
Ons elkeen het ń storie om te vertel.
Nie een storie is beter of belangriker as ń ander een sin nie.
Party vertel hul storie op ń verhoog, ander om ń koffietafel of onder ń boom of om ń braaivleisvuurtjie. En elkeen hiervan is OK!
Dis eintlik so eenvoudig…..Die mens het als so gekompliseer. Jesus was ook ń storieverteller!
Jou storie van jou lewe en jou pad en jou getuienis van wat God vir jou gedoen het kan ander aanraak en inspireer, hoop gee.
Moenie dink jou storie tel nie of is onbelangrik. Soveel dink so!
Jou storie tel ook. Daar is iemand baie spesifiek wat deur dit aangeraak kan word.
Ons elkeen het ń storie om te vertel. 💚
Dalk voel jy mismoedig en is God se hand op die oomblik vir jou vaag. Vra Hom om Sy liefde vir jou te kom wys. Hy doen so graag.
Vertel jou storie🌿
e-pos