In the Garden Blog

VRUGTE

Om mamma te wees is een van die grootste voorregte wat daar is!
 
Om mamma te wees verg baie baie geduld en selfbeheersing!
 
Dit skaaf en skuur ons in alle opsigte! Veral as jy ń laatlammetjie kry wat nou die “eie wil”-2jarige ouderdom in beweeg, ń tiener en ń “middel” dogtertjie!
 
Ek het genade met myself en in my foute geleer. Om nie so hard op myself te wees as ek faal nie. Om dit neer te lê, jammer te sê en aan te beweeg!
 
Om die onvolwasse vrugte in my wat na vore kom en nog moet groei te omarm (embrace).
 
Om nie vinger te wys nie.
 
Om meer en meer na Sy beeld te vorm.
 
Ek kan sê, dankie Here dat U dit wys, na vore bring as ek onder druk is, want dit is daar, diep binne my, al was ek nie bewus daarvan nie!
 
Ek sit langs my fontein in my tuin en luister na die water wat borrel. Die fontein moet skoonkom. Die gemors (wat in almal van ons diep weggebêre is) moet van onder die fontein af opkom en uitspoel sodat dit later mooi skoon, vloeibare water kan gee. Dis nodig!
 
U verstaan ons mensdeel, ons vlees. Maar ons mag nie daar stilstaan nie.
 
U stap met ons. Ons kan groei waar ons nederig is en na binne kyk plaas van vingers wys!
 
Help ons om in U liefde, vrede, geduld, selfbeheersing en al die ander vrugte te groei!
 
Om te wandel met ons Pa…..vanuit daai plek kan ons groei en Sy krag en vrede kry vir wat nodig is!