In the Garden Blog

GELIEFD

Sy liefde vir ons is onbeperk…
 
Sy liefde vir ons is volkome….
 
Sy hand rus op ons skouers….
 
Sy glimlag oor ons is meer as ons glimlag oor onsself….
 
Sy genade is groter as dié wat ons vir mekaar het…
 
Sy stem is soeter as nektar en heuning…
 
Sy mag en outoriteit kragtiger as branders wat rol…
 
Sy denke vêr bo ons s’n….
 
Sy kreatiwiteit onbeperk….
 
Sy humorsin fyn en skerp….
 
Hy is GENOEG….
 
En Hy nooi ons om in ń intieme verhouding met Hom te wandel, soos ons is.
 
Want dis ń uitnodiging….nie ń forsering nie. ń Hand wat uitsteek en sê kom na My toe….EERSTE.
 
Kom gesels by My, kom lag by my, kom wees net by my, sonder tierlantyntjies.
 
Ek is jou Pa. Wie ken jou beter?
 
Gooi elke las van jou skouers af….kom lê dit by my voete neer.
 
Kom vind skuiling onder my veilig hand.
 
EK sal jou die pad wys wat jy moet loop….
 
Ek sal jou meer wys as wat jy nog ooit beleef en gesien het in My…
 
Daar is meer….
 
Maar jy moet daarna smag….
 
Jy moet dit begeer….
 
Dis ń ope uitnodiging….
 
Gaan jy dit neem?
 
HOOGLIED‬ ‭2:10‭-‬14‬ ‭AFR83‬‬
[10] Die man wat ek liefhet, praat, hy sê vir my: ‘Staan op, my liefling, my mooiste, kom na my toe! [11] Kyk, die reëntyd is verby, die reën is oor, dis weg. [12] Daar is bloeisels in die veld, dit het tyd geword om te sing; die tortelduif se stem klink oor ons land. [13] Die voorvye kom al uit, die wingerde bot en versprei hulle geur. Staan op, my liefling, my mooiste, kom na my toe! [14] My duif in die klipskeure, in die skuilplek teen die krans, wys my jou gesig, laat hoor my jou stem. Jou stem is strelend, jou gesig lieflik.’