Daar is ń roering in my hart rondom jeug en kindertjies!
My jongste kon nie gaan slaap. Sy kyk ń storie en daarna gaan stap en sit ons vir ń tydjie in die tuin.
Dis ń mooi middag. Die wind waai saggies. Sy stap met haar voetjies deur die water en vat aan als wat sy raaksien.
ń Mooi bloedrooi naaldekoker kom sit op die blaar voor ons. Ek sê vir haar:” Kyk hoe mooi is dit!”
“Baie mooi! antwoord sy.
Die wêreld van ons tieners en kleinkies is baie baie anders as toe ons klein was.
TV, selfone, rekenaars…..
Met ons laatlam selfs is daar SOVEEL ander dinge as met ons oudste 12 jaar terug! Die wêreld verander vinnig.
Die boustene en boublokke van kleins af is so belangrik, want daar is net ń vensterperiode wat dit vasgelê kan word!
Tegnologie is nie verkeerd as sulks nie, maar die tyd wat daaraan spandeer word is so belangrik om te beperk. Goeie inhoud kan ook help opbou en onderrig!
Maar dikwels het onskuldige stories en speletjies gewoonlik maar een ding voor oë: om verslawing te kweek en hul te beheer. ń Euforia en “high” te bring wat eintlik by God se voete gevind moet word.
Nes die natuur ons as volwassenes nader trek aan God en Sy bonatuurlikheid, net so roer dit kinderhartjies en gesies. Dit PRAAT sonder WOORDE. God het nie noodwendig WOORDE nodig om met ons te praat nie!
As vrou en ma van 3 weet en verstaan ek die besigwees van net die basiese, alledaagse. Maar die tyd maak vir in die natuur en tuin saam met hul wees is PRICELESS.
Dieselfde kalmte, vrede en kreatiwiteit kom raak hul gesies ook aan. Die teenoorgestelde effek vind plaas met te veel skermtyd en druk skedules.
God wil Sy kindertjies nader trek veral in die tye waarin ons tans leef en betree.
Hy wil hul nader trek en help ontdek – “Kom, kyk hoe lekker is dit by My! Ek wil jou soveel dinge wys en kom leer!” Maar daarvoor is rustigheid nodig.
Vader, lei ons en help ons om U hart vir ons kinders te help bestuur.
Dankie dat U oud en jonk aanraak met U wonderlike skepping.
Help ons gereeld die tyd en ruimte skep vir hul om in U skepping te wees
PSALMS 86:11 AFR83
[11] Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien.
Psalms 86:11 AMP
[11] Teach me Your way, O Lord, I will walk and live in Your truth; Direct my heart to fear Your name [with awe-inspired reverence and submissive wonder].