In the Garden Blog

GENOEG

 
Hoe mooi en delikaat is hierdie Hibuscus gevorm….
 
Elke blaartjie, elke randjie elke stuifmeelstokkie.
 
Sussie slaap en ek kom sit ń oomblik in ons tuin voor ek weer ry.
 
Ek hoor al ń geruime tyd die woorde van ń liedjie van Retief Burger in my gedagtes” U is alles vir my, en U is GENOEG”.
 
Is U nog GENOEG vir my?
 
Of is daar vele ander dinge waarnatoe ek gryp wanneer ek ń leemte voel?
 
U wil kom sê:
 
”Ek is GENOEG vir jou”
 
Genoeg is volkome.
 
Versadig.
 
Volgens Wiktionary:
 
“Wat voldoende is; in voldoende mate.”
 
U is VOLDOENDE.
 
Dit bring ń kalmte en gerusstelling in my gees.
 
Vrede.
 
U is genoeg vir ons.
 
Lirieke Retief Burger
 
Alles vir my
Ek staan vandag soos duisende voor my
Met ‘n vuur hier in my hart voor U
Deur al die eeue heen is U naam besing
En saam met engele wil ek ook nou iets bring
My woorde is min
Maar hier moet ek begin want U is
Alles vir my
U is die lied hier op my lippe
U’s die naam wat ek bely
U is alles vir my
U’s my begin U is my einde
U’s my weg U is my lewe
U is alles vir my
En U is genoeg
Ek weet dat U my elke lofsang hoor
Al wil twyfel die geloof in my kom smoor
Solank as wat ek leef sal ek U prys
Tot die dag wat ek ook veilig by U is
My woorde is min
Maar hier moet ek begin want U is
Alles vir my
U is die lied hier op my lippe
U’s die naam wat ek bely
U is alles vir my
U’s my begin U is my einde
U’s my weg U is my lewe
U is alles vir my
En U is genoeg
En U is genoeg
En U is genoeg
U is genoeg vir my
U is, alles vir my
U is die lied hier op my lippe
U’s die naam wat ek bely
U is alles vir my
U’s my begin U is my einde
U’s my weg U is my lewe
U is alles vir my
En U is genoeg
U is genoeg