In the Garden Blog

HOOP

Ek stap vanmiddag deur die blomme en die sonneblomme wat ons plant staan dadelik vir my uit – hoe kan dit anders?
 
Sonneblomme is so mooi. Dis kleurvol en helder en skree niks anders as VREUGDE en HOOP uit nie!
 
Sonneblomme kyk na die lig, die son en hou hul koppe op boontoe.
 
Dit kom herhinner ons om, ten spyte van uitdagings, probleme of moedeloosheid, altyd op te kyk na die Lig.

Ten spyte van wind en weer groei daardie blom sterk met sy kop op na die son. Dit ken net een pad. Lig toe!
 
Kyk op!
 
EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
Johannes 8:12