Wanneer laas het jy eenvoudig plat op jou rug, op die gras gelê?
Einde laas jaar November het ń vreeslike moeg my liggaam getref.
Ons laatlammetjie amper twee op daardie stadium, skool vir die ander twee, werkswinkels wat so geseënd gaan!
Maar ons Pa het duidelik vir my kom sê op daardie oomblik: Rus nou eers.
Herlaai jou batterye.
Ek onthou die eerste ding daardie middag wat ek wou doen was om buite in die sonnetjie te gaan en plat op my maag te gaan lê op die gras.
So het ek vir ń lang tyd net gelê (met sussie natuurlik klouterend op en om my

!), maar nietemin was dit SALIG!
Ek kan nie beskryf hoe helend dit vir my gevoel het toe ek daar opgestaan het nie! Dit het gevoel of my liggaam die aarde en grond wou omhels!
Wanneer laas het jy op die gras gelê en net opgekyk na die wolke en bome? Net daar waar jy is. En net “gewees”? Net stilgewees, kaalvoet en op jou maag of rug?
Buiten mense en vriende, kom gee ons Here die natuur vir ons vernuut!
Al het ek nie al die kennis nie, lei my gees my en weet ek soms: nou moet ek net gaan stap of bv lê op die gras!
Ons is liggaam, siel en gees.
Al drie vreesloos en wonderbaar aanmekaar geweef!
Wat n wonderlike bederf vir ons!
PSALMS 16:11 AFR83
[11] U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.