In the Garden Blog

GRONDVOORBEREIDING

Die seisoene het gedraai en dis tyd vir blombolle om geplant te word.
 
Daar is soveel mooi bolle wat geplant kan word – ranonkels, irisse, daffodils, freesias.
 
Voor daar eers gedink kan word om blombolle te plant, moet GROND eers VOORBEREI word.
 
Grond moet losgemaak word, kompos gestrooi woord, onkruid uitgetrek word, klippe uitgehaal word.
 
Die proses moet eers deurgevoer word voor die kosbare bolle ingesit word. En dit verg tyd en geduld.
Goeie grond sal ook goeie groei verseker en uiteindelik – die mooiste blomme!
 
Die voorbereidingproses is belangrik.
 
In ons eie lewenspaaie is die Here ook in sekere seisoene besig om ons “grond” voor te berei voor die “saad/bol” geplant word. As die bol haastig ingedruk word, kan dit probleme later langs die pad kry bv swak groei weens swak grond.
 
Grondvoorbereiding kan wees karaktergroei, groei in volwassenheid, wysheid leer, tugting….
 
Dis ń proses van geduld en vertroue en nie te haastig wees nie.
 
Goeie grond = goeie groei
Vertroue in ons Here, geduld en “submission”.
 
💚🌻🌿
 
Liefde
Yolandi