Elkeen wat lief is vir blomme weet dat beddings gereeld skoongemaak moet word!
Indien nie verstrengel onkruid en allerhande nare goed wat tussenin groei gou die bedding.
Indien daardie onkruid nie bitter gou uitgetrek word nie, kan jy skielik eendag sien dit het al die blomme oorweldig en verstrengel!
Dit het al ń paar keer by ons gebeur en elke keer is mens “spyt” dit het al so vêr gegaan!!! Dan is daar maar baie werk en blomme wat verlore gegaan het!
Ons moet gereeld ń checkup op ons hart se blomtuin doen! Waar het onkruid geval, wat kom op wat nie moet nie, wat het te vêr gegaan!
Maar juis, ons moet introspeksie doen en die gemors van verbittering agv seer, vooroordeel, negatiwiteit, misverstande, onsuiwerheid ens wortel en als uittrek voor dit te vêr groei!