In the Garden Blog

VOEDING

V O E D I N G
.
.
.
Dis ń koel mistige oggend!
 
Die Ranonkels wat ons geplant het staan al mooi hoog!
Ons moes al lankal voeding gestrooi het, maar kry nou uiteindelik tyd daarvoor!
 
Wanneer plantjies opkom kort dit voeding wat gestrooi moet word sodat die plante mooi kan groei en groter sterker blomme kan vorm!
 
Ek sien verskriklik uit na die helder kleure wat gaan uitkom en die deel daarvan!
 
Plante kan hul eie kos maak deur die energie van die sonlig op te vang en dit te verwerk.
Maar om gesond te BLY en goeie blomme en vrugte te kan dra, moet hul ook genoeg voeding en kos uit die grond kan opneem.
En daarvoor moet mens hul help met kompos of kunsmis.
 
Ek dink onmiddellik aan die voeding in ons eie lewens.
Om goeie vrug te bly dra, om te blom, moet ons onsself verseker ook voed!
Die storms en winde kom!
 
Maar in dit, wat voed ons onsself mee?
Goeie kwaliteit kompos of kunsmis sal goeie groei meebring!
 
Net so, dit waarmee onsself voed!
 
Voed en versterk ons onself met die regte kos?
 
Voeding wat blywend is?
 
Of voeding wat tydelik is?
 
Die Woord is een voorbeeld!
Dit rig ons, bemoedig ons, stig ons, tug ons….
 
Goeie vriende wat Sy hart ken en jou kan ondersteun, intree, die waarheid in liefde deel….
 
Here, help ons om onself te voed met die regte “kos”!🌻🌷