In the Garden Blog

AANMEKAARGEWEEF

Ek stap vanoggend deur my tuin – ek sien hierdie pragtige spinnekop web.

In verstomming staan ek en kyk na die detail.
 
Sorgvuldig is hierdie spinnekopweb deur ń spinnekop aanmekaar geweef!
 
En so kom die oggendmis en kom kleur net die prentjie verder vir ons in met blink druppels!
 
Dit laat my weer aan die skrif dink aan hoe ons Pa ons elke gevorm het in ons moederskoot.
 
Dit was nie ń haastige, kom-ek-maak-gou-klaar proses nie.
 
Nee.
 
Sorgvuldig en berekend en met kundigheid het Hy ons elkeen gevorm in ons moederskoot.
 
Elkeen verskillend!
 
Ons kon eers werklik ander lief hê, waardeer en aanspoor en saam met hul bly wees as ons Sy liefde vir ons besef.
 
Maar nog meer….as ons onself ook aanvaar en liefhet!
 
Wat die hart van vol is loop die mond van oor💚
 
‭Psalms 139:13, 15 AMP‬
[13] For You formed my innermost parts; You knit me [together] in my mother’s womb.
[15] My frame was not hidden from You, When I was being formed in secret, And intricately and skillfully formed [as if embroidered with many colors] in the depths of the earth.