Kreatiewe Identiteitswerkswinkel Mamma's en dogtertjies - 6 - 8 jaar oud
Hierdie was ‘n spesiale oggend saam met die 7 mamma’s en 7 dogtertjies (en n wonderlike jong ouma!).
Die pad en band tussen ma en dogter is so kosbaar en belangrik.
Elke werkswinkel beleef ek die uniekheid van die dag en groep en die kosbaarheid van om ‘n tafel sit, gesels en te SKEP! Om ‘n tafel gebeur daar alreeds net met die saamsit iets spesiaal.
Om vas te maak met ma en dogter – die uniekhied en waarde van elkeen…. die versorging en omsien van elkeen se HARTE….
En die fondasie – intimiteit met ons Hemelse Pappa.
Ons kan onsself slegs verstaan en liefhê as ons die Een ken wat ons gevorm het in ons moederskoot. Psalm 139