In the Garden Blog

AMANDELBOOM

Glo dit of nie – maar LENTE is sopas aangekondig!
 
Ek sien vanoggend die eerste bloeisel op my Amandelboom.
 
Die AMANDELBOOM is die eerste boom wat bloeisels dra en kondig profeties lente aan!
 
Al LYK dit nog nie soos lente om ons nie nie, word dit aangekondig en gaan die res voor ons oë so begin presenteer oor ń tyd….
 
Die NUWE seisoen is oppad!
 
Watter beloftes is daar vir jou, maar jy SIEN dit nog nie?
 
Die lente is oppad – al sien ons dit nie.
 
Beloftes is daar vir elkeen – al sien jy dit nog nie gebeur nie 😊