Vandag was die mooiste sonskyndag buite! Die lavenders blom nog bietjie en ranonkels steek al al meer hul koppe uit!
Ek het saam met ń kliënt wat blomme afgehaal het by my, deur die tuin gestap en die saam-saam stap, gesels en na al die kruie en blomme kyk en ruik het vir ons altwee soveel vreugde gebring! Haar ogies sommer helder met die groet!
Ek beleef hoe isolasie (‘n groot nagevolg van die inperkingstyd, asook facebook en internet) kettings is wat mens kan vasbind en vaskluis in die huis.
Die definisie van isolasie:
solitude, isolation, seclusion mean the state of one who is alone. Solitude may imply a condition of being apart from all human beings or of being cut off by wish or circumstances from one’s usual associates. Isolation stresses detachment from others often involuntarily.
Die “often involuntarily” staan vir my uit. Daar kan gevalle wees soos siekte, besering, verhuising, kinders klein of siek, inperking, kinders uit die huis wat isolasie meebring….
Ek kry altyd die beeld van ń groep bokke en ń leeu wat jag. Die bok wat uit sy groep beweeg word dikwels deur die leeu ge”target” en platgetrek omdat hy alleen en broos is.
Net so kan die mens se gedagtes, veral leuns, as waarheid vertoon in isolasietyd.
Gedagtes raak later ook gou selfgerig en gesentreerd.
Energie om interaksie te hê al minder….uitreik na ander (iets wat eintlik vir ons vreugde bring!) verdwyn…
Maak kontak, al is dit sommer in ń winkel!
Gaan sit ń boks sjokolade of blomme by iemand se huis of die ouetehuis of skool af!
Begin ń nuwe tydverdryf en nooi ander met dieselfde belangstelling om dit saam met jou te doen!
Verhouding, tyd en wandel met ons Pa bly die FONDASIE, maar interaksie en samesyn met ander buite ons huis maak ook ń MASSIEWE groot deel van ons geestesgesondheid uit!