In the Garden Blog

VERMEERDERING

Die seisoen van die mooie Ranonkels is nou klaar!
 
Ek kyk terug na ñ mooi oes en bane vol kleure – genade blomme die jaar!
 
Die bane wat eens groen en ryg vol blomme gestaan het, is nou dood en verdor.
Dit lyk werklik of daar niks aangaan nie, maar inteendeel…..
 
Ons SIEN nie lewe nie. Dit LYK dor en afgemat, maar daar is wel iets onder die grond aan die gebeur…
 
Intussen, terwyl al die blomme en groen doodgegaan het, het daar iets besonders onder die grond plaasgevind.
 
Elke bolletjie het VERMEERDER en wanneer ons dit nou gaan uithaal, het daar vir elke plant nog ñ paar bolletjies gevorm wat die volgende seisoen nog meer blomme gaan voortbring!
 
Groei en vermeerdering het plaasgevind, al het dit op die oog af nie so GELYK nie! Al het dit gelyk of als dood en leweloos is, HOPELOOS is.
 
Dalk HET jy, of beweeg jy TANS, deur ‘n seisoen wat dinge op die oog af dor, droog, dood, woestynagtig, hopeloos LYK.
 
MAAR….
 
“underneath the service”, agter die skerms, onderliggend, het die Vader gewerk….vermeerder….verdubbel….
 
Dalk sien jy dit nog nie?!
 
Dalk beleef jy dit nog nie?!
 
Dis nodig dat die plant deur hierdie doodgaan, woestyn, moes gaan….SODAT “underneath the service” groei en vermeerdering kan plaasvind vir ń nog meer vrugtevolle oes!
 
Ja, die EIE EK moet doodgaan…
 
En ná hierdie WOENSTYNTYD, wanneer dit WATER kry, gaan daar selfs MEER blomme voortgebring word as ń vorige seisoen…
 
Daarom, bly moedig, geanker en vol HOOP – DIE TUINIER VAN ONS HART WEET WAT HY DOEN!
 
Als het ń vaste tyd, ritme, verloop….
 
Yolandi