Ek het laas week Woensdag weer ń KREATIEWE IDENTITEITSWERKSWINKEL gehad in my tuin – Psalm 139.
Dié keer was dit nie ń groep vrouens, ń groep personeel, of onderwysers of kinders, of mamma’s en dogters nie!
Nee – die keer was dit ń groep van 22 bejaardes van ń ouetehuis wat kom kuier het!
22 Kosbare dames.
Sjoe…. wat kan ek sê. Ekt soveel eerbied en ontsag vir ons ouer mensies.
Hul het die oggend so geniet.
Na die deurstap deur die tuin het ek met hul ń kreatiewe skepping gedoen met die blomme. ń Vasmaak dat elkeen “vreesloos en wonderbaar” geskep is. Dat elkeen nog ń doel het en kan blom daar waar hul geplant is! Dat hul “tyd” verseker nog nie “verby” is nie!! En, dat ons ons harte moet versorg….
Ek sê dankie vir Jesus dat ons so kosbare mooi dag saam kon hê.