29 Augustus 2025
BLOEISELTAKKIE
Ons Pappa (ABBA) se hart is vir ons elkeen om te blom.
ń Bloeiseltakkie het knoppe wat nog toe is en ook bloeisels wat reeds oop is. So ń knoppie ontwikkel en gaan nie oornag oop nie
Dis ń proses. Dit moet DEUR ń proses gaan.
So moet ons ook geduldig wees in die proses van ontwikkeling. Sodat Hy die ontwikkeling doen op Sy tyd. Op die regte tyd gaan daardie bloeiselknoppie oop in die mooiste blom!
Daar vind intensiewe groei plaas binne in daardie knoppie voor dit gereed is om oop te gaan.
Ek kyk na die verskillende bloeiselknoppe en bloeisels aan ń takkie. Party is nog bottoe. Ander halfpad oop. Ander vol oop. Net so is ons elkeen ook in verskillend stadiums. Op verskillende fases. En dis ook OK.
Dis ń PROSES.
Wanneer die bloeisel oopgaan skei dit die allersoetste, aangename geur af. ń Soete Aroma wat uitgaan.
Ek glo dis Sy hart vir Sy kinders om daardie soete geur vry te stel in die wêreld. Waar elkeen gaan en beweeg. ń Aangename, soete geur.
Daardie geur wat uitgaan kom nie van BUITE nie. Dis ń geur wat van DIEP BINNE af kom.
As ons na die bloeisel kyk weet ons die soete geur kom van BINNE die bloeiselknop en vloei uit na BUITE. Nie andersom nie.
It comes from within.
Net so is die geur wat ons dra iets wat van diep BINNE ons kom en uitvloei na buite. Ekstern is tydelik. Van binne is ewigdurend.
Die bloeisel is vas aan ń takkie geheg wat weer stewig aan ń boom met standvastige wortels groei. Elke bloeisel kry dus kos en voeding uit die boom. Groei daaruit.
Net so onwikkel daardie geur en soete aroma vanuit ń diepe, intieme verhouding met ons Vader. Om gewortel te wees in Hom. (Johannes 15). Dis daár wat ons gevul word met Hom en dit weer na buite kan dra.
Daar is ń soete geur in elkeen van ons – gewortel in verhouding met Hom. Soms moet dit nog net ontwikkel……geaktiveer word…. vrygestel word….
Vertrou die proses…..
Wees geduldig….
Gee oor…
Gewortel in Hom.
Voedend uit Hom.
Versprei die soete geur van wie jy is in Hom….en wie jy is deur Hom….
Yolandi
2 Corinthians 2:14-17 AMP
[14] But thanks be to God, who always leads us in triumph in Christ, and through us spreads and makes evident everywhere the sweet fragrance of the knowledge of Him. [15] For we are the sweet fragrance of Christ [which ascends] to God, [discernible both] among those who are being saved and among those who are perishing; [16] to the latter one an aroma from death to death [a fatal, offensive odor], but to the other an aroma from life to life [a vital fragrance, living and fresh]. And who is adequate and sufficiently qualified for these things? [17] For we are not like many, [acting like merchants] peddling God’s word [shortchanging and adulterating God’s message]; but from pure [uncompromised] motives, as [commissioned and sent] from God, we speak [His message] in Christ in the sight of God.