Iets brand weer vanoggend in my gees waar ek rustig raak by Hom….
Sy VOLMAAKTE, VOLKOME LIEFDE is die “ultimate” vertroosting wat ons OOIT sal kan ontvang en kry.
Ons kry tydelike verligting en plesier van soveel ander dinge….maar Hy is blywende COMFORTER wat altyd tyd het, daar is, vertroos en saamstap.
Sy LIEFDE vir elk van Sy kinders kan ons nie in woorde omsit nie….Ons kan dit doodeenvoudig in stilte onvang….
Hoe soet, mooi en salig is Sy teenwoordigheid.
Ons sal altyd soekend wees tot ons tuis kom by Hom en Sy liefde.