In the Garden Blog

Wandel met Hom

Ons Vader het ń diepe liefde vir elkeen van Sy kinders…
 
Hy ken ons harte se diepste kamers. Gedagtes wat ons soms nie eers wil verwoord aan onsself nie.
 
Hy lief dit om Sy volkome liefde vir Sy kinders te wys en te herhinner:
 
“Ek het jou lief. Ek sien jou raak. Jy is bemin”
 
In ons WANDEL met Hom, nes in die Tuin, leer ken ons Sy stem en weet ons wanneer Hy saggies kom fluister….
 
Hy praat so dikwels in die klein dingetjies.
 
Dalk sien jy oor en oor ‘n sekere skoenlapper, of ń wit veertjie, of hoor herhaaldelik ń liedjie, of kom kuier daai spesifieke voëltjie by jou oral waar jy gaan sit! Boodskappe van die ALLERHEILIGSTE om net weer te kom herhinner:
 
EK SIEN JOU RAAK, EK HET JOU LIEF
 
As jy Sy aanraking nodig het vandag, vra Hom – Hy bly en is getrou.
 
Nader Hom, Hy is naby.