In the Garden Blog
Menu
Tuis
Skrywe
Piekniek
Werkswinkels
Ander – Events
Fotogallery
Unieke Ontwerp
Voor die grondlegging van die aarde het God reeds oor ons elkeen gedroom.
Reeds planne vir ons lewens bedink.
Reeds saam met ons gedans.
Ons elkeen is werklik uniek.
Ons kan nooit in vryheid en vrede leef as ons ń kopie van iemand anders probeer wees nie.
Ons is uniek, vreesloos en ongelooflik wonderbaar aanmekaargeweef.
Om Sy wil, Sy unieke plan vir ons, ons eie uniekheid, persoonlikheid, gees en siel te kan verstaan is intimiteit met
Hom nodig asook – VREDE EN VERSOENING MET ONSSELF.
Daaruit vloei iets besonders, iets unieks, iets kosbaars….
Ontdek en stap in die oorspronklike ontwerp vir jou lewe.
Yolandi
e-pos