Strome van Lewende Water

Strome van Lewende Water Ek hoor vandag: Waar drink jy? Waar vul jy jouself, verfris, vernuwe? Want die Woord sê ” JOHANNES 7:38 AFR83[38] Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ” Om te drink, te vul, uit vloei na buite….dit kan net deur Hom. […]

Unieke Ontwerp

Unieke Ontwerp Voor die grondlegging van die aarde het God reeds oor ons elkeen gedroom. Reeds planne vir ons lewens bedink. Reeds saam met ons gedans.Ons elkeen is werklik uniek. Ons kan nooit in vryheid en vrede leef as ons ń kopie van iemand anders probeer wees nie. Ons is uniek, vreesloos en ongelooflik wonderbaar aanmekaargeweef. Om Sy wil, Sy […]

Mosterdsaadjie

Mosterdsaadjie Ek lees vanmiddag weer oor die mosterdsaadjie. So, so verskriklik klein. Maar tog raak dit een van die grootste tuinkruie en groei tot ń boom en voëls kom vind skuiling daarin! Die saadjies wat jy saai is nie gering nie. Jý sien dalk net nog nie die produk daarvan nie. Dit moet jou nie laat voel dat daar […]

Vrugte

Vrugte VrugteDie woordjie VRUGTE kom laaste paar dae by my op…Wat is mooier as ń gesonde boom wat die mooiste vrugte dra! Wat is mooier as ń vyeboom vol vye, ń peerboom vol pere, ń granaatboom vol lieflike rooi granate! Alles vrugte wat nou ontwikkel vir die somer se genot! Ons word geken aan ons vrugte. Ek beleef tans […]

Klein Jakkalsies

Klein Jakkalsies Klein jakkalsies – Toegewing (Compromise)ń Gedagte wat ek graag deel….Ek kyk na die mooi blomme in die tuin! Dit groei en floreer in goeie omstandighede, maar moet ook mooi opgepas word! ń Tuin sonder ń heining sal ook nie werk nie! Enigiets kan inkom in al daardie mooie blomme opvreet! Ek dink so die laaste […]

Hoopvol

Hoopvol Om HOOPVOL te wees is om ń verwagting te hê of ń behoefte vir iets om te gebeur. Om Hoopvol te wees is om te vertrou en te glo “it will come to pass”. Om Hoopvol te bly bring innerlike vreugde en afwagting. Om Hoop te verloor is gevoel van dood. Totale wanhoop. Hoe kan HOOP herstel word?In my […]

Skoonmaak

Skoonmaak Terwyl ek klaar maak vanoggend kry ek hierdie gedagte. Soms bereik ons ń punt in ons lewens waar ons “lewensdromme” bietjie te vol word. Onderdrukte emosiesTraumaSeerOnvergifnisTrotsVrese Die drom kan dit nie meer toemaak, onderdruk of wegsteek met sy deksel nie. Die drom begin stink en oorloop. Dit het ń skoonmaak nodig.Verligting. Fisies, Geestelik en […]

Wandel

Wandel met Hom Ons Vader het ń diepe liefde vir elkeen van Sy kinders… Hy ken ons harte se diepste kamers. Gedagtes wat ons soms nie eers wil verwoord aan onsself nie. Hy lief dit om Sy volkome liefde vir Sy kinders te wys en te herhinner: “Ek het jou lief. Ek sien jou raak. Jy is bemin” In […]

Vertrooster

Vertrooster Iets brand weer vanoggend in my gees waar ek rustig raak by Hom…. Sy VOLMAAKTE, VOLKOME LIEFDE is die “ultimate” vertroosting wat ons OOIT sal kan ontvang en kry. By Hom….. Ons kry tydelike verligting en plesier van soveel ander dinge….maar Hy is blywende COMFORTER wat altyd tyd het, daar is, vertroos en saamstap. Sy LIEFDE vir elk […]

Soete geur

SOETE GEUR 29 Augustus 2025 BLOEISELTAKKIE Ons Pappa (ABBA) se hart is vir ons elkeen om te blom.  ń Bloeiseltakkie het knoppe wat nog toe is en ook bloeisels wat reeds oop is. So ń knoppie ontwikkel en gaan nie oornag oop nie  Dis ń proses. Dit moet DEUR ń proses gaan.  So moet ons ook geduldig wees in die […]

Styg Hoog

Styg Hoog Isaiah 40:31 AMP[31] But those who wait for the Lord [who expect, look for, and hope in Him] Will gain new strength and renew their power; They will lift up their wings [and rise up close to God] like eagles [rising toward the sun]; They will run and not become weary, They will […]

Tuin van jou Hart

Tuin van jou Hart Om te kan FLOREER, kort ń Blomtuin gereeld water, sonlig, skoonmaak en versorging. Net so die TUIN van ons HARTE en GEDAGTES. Sonder versorging, sal dit kwyn. Gee dit water. Trek die onkruid uit. Laat daar LIG inkom! Saai die goeie saad. En maak seker daar is ook ń netjiese heining rondom die bedding vir beskerming van jou […]

LIG

Lig  As jy ń kersie in ń donker kamer of ń donker area plaas, kan dit nie anders as om die duisternis te te verdryf nie! Dis ONMOONTLIK vir die vertrek om donker te bly! LIG VERDRYF DUISTERNIS Lig bring DUIDELIKHEID (Clarity) Lig bring HOOP Lig bring LEWE Vir ń geruime tyd al beleef ek die woorde: Nooi die lig in! Nooi […]

See skoonspoel

SEE SKOONSPOEL SEE, SEE, SEE Gisteroggend die voorreg gehad Branders spoel skoon Soutwater kom en verfris Ek glo om kop onder die water te gaan as jy swem – nes die kinders! ń Koponderdompeling Sommer gereeld Die minerale, die soutwater, die vars koue water wat heeltyd beweeg en spoel Die sonnetjie wat jou vel weer warm bak Vir n oomblik dryf jy so lig […]

WORTELS

WORTELS Geruime tyd terug het ons in die woud gaan stap naby Wildernis. Mooiste groen bome, varings en vars lug vroeg oggend.Daar het het ons na ń boom gekyk wat omtrent 800 jaar oud is! In verwondering staan mens ek kyk na die grootheid van die stam wat standvastig staan – stewig geanker – amper onwankelbaar. Soos ons […]

VERMEERDERING

VERMEERDERING Die seisoen van die mooie Ranonkels is nou klaar! Ek kyk terug na ñ mooi oes en bane vol kleure – genade blomme die jaar! Die bane wat eens groen en ryg vol blomme gestaan het, is nou dood en verdor.Dit lyk werklik of daar niks aangaan nie, maar inteendeel….. Ons SIEN nie lewe nie. Dit LYK […]

SAMESYN – ISOLASIE

SAMESYN -ISOLASIE Vandag was die mooiste sonskyndag buite! Die lavenders blom nog bietjie en ranonkels steek al al meer hul koppe uit! Ek het saam met ń kliënt wat blomme afgehaal het by my, deur die tuin gestap en die saam-saam stap, gesels en na al die kruie en blomme kyk en ruik het vir ons […]

AMANDELBOOM

AMANDELBOOM Glo dit of nie – maar LENTE is sopas aangekondig! Ek sien vanoggend die eerste bloeisel op my Amandelboom. Die AMANDELBOOM is die eerste boom wat bloeisels dra en kondig profeties lente aan! Al LYK dit nog nie soos lente om ons nie nie, word dit aangekondig en gaan die res voor ons oë so begin presenteer […]

GEDAGTES

GEDAGTES Als begin by ons GEDAGTES. Dink aan ń tuin. Goeie saad bring mooi blomme voort.Onkruid of ongewenste saad bring onkruid mee wat ons tuin kan kom verstrengel. Daardie saadjie is soos ons gedagtes. Ons dink gereeld oor verskillende dinge. Maar evalueer ons ons gedagtes? Is dit waaroor ons dink die WAARHEID of is dit LEUENS? Is dit waaroor […]

AANMEKAARGEWEEF

AANMEKAARGEWEEF Ek stap vanoggend deur my tuin – ek sien hierdie pragtige spinnekop web. In verstomming staan ek en kyk na die detail. Sorgvuldig is hierdie spinnekopweb deur ń spinnekop aanmekaar geweef! En so kom die oggendmis en kom kleur net die prentjie verder vir ons in met blink druppels! Dit laat my weer aan die skrif dink […]

VOEDING

VOEDING V O E D I N G…Dis ń koel mistige oggend! Die Ranonkels wat ons geplant het staan al mooi hoog!Ons moes al lankal voeding gestrooi het, maar kry nou uiteindelik tyd daarvoor! Wanneer plantjies opkom kort dit voeding wat gestrooi moet word sodat die plante mooi kan groei en groter sterker blomme kan vorm! Ek sien […]

TUIN VAN JOU HART

TUIN VAN JOU HART  Hoe lyk die tuin van ons hart? Elkeen wat lief is vir blomme weet dat beddings gereeld skoongemaak moet word! Indien nie verstrengel onkruid en allerhande nare goed wat tussenin groei gou die bedding. Indien daardie onkruid nie bitter gou uitgetrek word nie, kan jy skielik eendag sien dit het al die blomme oorweldig […]

GRONDVOORBEREIDING

GRONDVOORBEREIDING Die seisoene het gedraai en dis tyd vir blombolle om geplant te word. Daar is soveel mooi bolle wat geplant kan word – ranonkels, irisse, daffodils, freesias. Voor daar eers gedink kan word om blombolle te plant, moet GROND eers VOORBEREI word. Grond moet losgemaak word, kompos gestrooi woord, onkruid uitgetrek word, klippe uitgehaal word. Die proses moet […]

HELDER STROME

HELDER STROME Terwyl ek wasgoed opvou, sien ek net in my gedagtes ń rivier met helder water wat vloei. Mooi skoon water wat vry, vinnig vloei….. Wat beleef ek met hierdie prentjie? Vloei ons saam met Hom?Sy wil, Sy pad, Sy planne? Vloeiend saam met Hom en Sy plan…. Of is daar hindernisse soos rotse, stokke, bome, takke, […]

GEREEDHEID

GEREEDHEID  Laas week bring my jongste dogtertjie vir my hierdie blom. Ek ken glad nie die naam nie. Dis so mooi en toe ek dit van nader bekyk, beleef ek die woorde: GEREEDHEID. Elke knoppie op hierdie blom gaan oop sodra dit gereed en volwasse genoeg is. Van die knoppe BULT al om oop te gaan. Van […]

PLAT OP DIE GRAS

PLAT OP DIE GRAS PLAT OP DIE GRAS…Wanneer laas het jy eenvoudig plat op jou rug, op die gras gelê? Einde laas jaar November het ń vreeslike moeg my liggaam getref. Ons laatlammetjie amper twee op daardie stadium, skool vir die ander twee, werkswinkels wat so geseënd gaan! Maar ons Pa het duidelik vir my kom sê op […]

HARMONIE

HARMONIE H A R M O N I E…Ek let die laasste tyd die mooie swaeltjies op wat orals buite vlieg. Hul kom gewoonlik September Suid-Afrika toe – agter die sonnige weer en klomp insekte en muskiete as kos – en vertrek weer rondom April. Hierdie voëltjie is so kosbaar. Dis vrolik, vlink en vinnig. Dis baie […]

HOOP

HOOP Ek stap vanmiddag deur die blomme en die sonneblomme wat ons plant staan dadelik vir my uit – hoe kan dit anders?   Sonneblomme is so mooi. Dis kleurvol en helder en skree niks anders as VREUGDE en HOOP uit nie!   Sonneblomme kyk na die lig, die son en hou hul koppe op […]

INTIMITEIT

INTIMITEIT Om Hom te ken, ons Pa, om met Hom te kan wandel, is die grootste voorreg en vreugde wat ons ooit sal beleef. Sonder dit, sal daar altyd ń leemte of ń gat in ons siele wees. Dit vereis nie om “slim” te wees nie. Dit vereis nie ń “hoe lank nie”. Dit vereis nie “fancy woorde” nie. Dit […]

WYSHEID AS KROONTJIE

WYSHEID AS KROONTJIE Al vandat ek ń klein dogtertjie was, was ek soekend en lief om WYSHEID te probeer bekom. Ek was lief daarvoor om na die wysheid van ouer mense te luister en ek het altyd vir God gevra, ek wil graag soos Salamo, NIKS anders hê nie, net wysheid! Wysheid is vir my so kosbaar. Ek […]

GENOEG

GENOEG  Hoe mooi en delikaat is hierdie Hibuscus gevorm…. Elke blaartjie, elke randjie elke stuifmeelstokkie. Sussie slaap en ek kom sit ń oomblik in ons tuin voor ek weer ry. Ek hoor al ń geruime tyd die woorde van ń liedjie van Retief Burger in my gedagtes” U is alles vir my, en U is GENOEG”. Is U nog […]

KINDERHARTJIES

KINDERHARTJIES Daar is ń roering in my hart rondom jeug en kindertjies! My jongste kon nie gaan slaap. Sy kyk ń storie en daarna gaan stap en sit ons vir ń tydjie in die tuin. Dis ń mooi middag. Die wind waai saggies. Sy stap met haar voetjies deur die water en vat aan als wat sy […]

GELIEFD

GELIEFD Sy liefde vir ons is onbeperk… Sy liefde vir ons is volkome…. Sy hand rus op ons skouers…. Sy glimlag oor ons is meer as ons glimlag oor onsself…. Sy genade is groter as dié wat ons vir mekaar het… Sy stem is soeter as nektar en heuning… Sy mag en outoriteit kragtiger as branders wat rol… Sy denke vêr bo […]

VREEDSAAM

VREEDSAAM VREEDSAAM…Ons gaan ry in die veld en ek sien hierdie mooi waterlelies staan in hul volheid waar hul “geplant” is. Hul lyk so vreedsaam en rustig, tevrede met hulself en hul omgewing. Ek sien ń skoonheid, kalmte en rustigheid. Dit laat my dink aan die kalmte en vrede wat God ons gee, ten spyte van wat in […]

VRUGTE

VRUGTE Om mamma te wees is een van die grootste voorregte wat daar is! Om mamma te wees verg baie baie geduld en selfbeheersing! Dit skaaf en skuur ons in alle opsigte! Veral as jy ń laatlammetjie kry wat nou die “eie wil”-2jarige ouderdom in beweeg, ń tiener en ń “middel” dogtertjie! Ek het genade met myself en […]

GEUR

GEUR G E U R…Elke blom het haar unieke KLEUR en GEUR wat sy dra. Watter geur dra en versprei ons in die wêreld? Wat kies ons? Om terug te kom na ons ware identiteit…..gevorm…..vreesloos en wonderbaar Om dit wat ons al verkeerd gekies het of ander teenoor ons, af te spoel en te sê:Kom herstel my en bring […]

HERBEREKEN

HERBEREKEN H E R B E R E K E N…Ek het onlangs iets moois op die radio gehoor. Die persoon het gepraat oor ons lewenspad en hoe ons as mens soms verkeerde roete vat en afwyk van God se plan vir ons. Soms is dit ń goeie roete, maar nie die roete wat God van ons […]

STORIE

STORIE S T O R I E… Ons elkeen het ń storie om te vertel. Nie een storie is beter of belangriker as ń ander een sin nie.  Party vertel hul storie op ń verhoog, ander om ń koffietafel of onder ń boom of om ń braaivleisvuurtjie. En elkeen hiervan is OK! Dis eintlik so eenvoudig…..Die mens het als […]

KARAKTERGROEI

KARAKTERGROEI Ek dink al ń paar keer die laaste tyd oor hierdie woord: karaktergroei. Ek dink dat daar regdeur ons lewens KARAKTERGROEI plaasvind, sodat ons dit wat in ons hande geplaas word, vir nou en vorentoe, kan hanteer en vorentoe beweeg. Ons word geskaaf en geskuur deur omstandighede en uitdagings waardeur ons stap. Soms beleef ons dat ons […]

BLOM

BLOM Om te BLOM waar jy geplant is……dit bly ń WILSBESLUIT, ń keuse! Om op te staan en dit te kies. Omstandighede gaan verseker maak dat ons nie altyd lus voel nie, maar die besluit dryf jou om nie onder die omstandighede in te gaan nie, maar om ñ saadjie te plant, dit water gee en ń […]